Die DA blaf ook vir die maan

Beeld - - Kommentaar - Maar­man is eind­re­dak­teur van Die Bur­ger, sus­ter­koe­rant van Beeld.

Wat gaan ge­beur met po­li­tie­ke par­tye – en be­paald die DA en die EFF – as Ja­cob Zu­ma in De­sem­ber ab­di­keer as pre­si­dent? Tot dus­ver was die stra­te­gie van die DA en die EFF om derms uit te ryg en moord en brand te skree oor al­les wat met Zu­ma ver­bind kan word.

As Zu­ma nie meer daar is om aan die skand­paal vas­ge­spy­ker te word nie, hoe doel­tref­fend gaan die DA en die EFF nog wees en wat gaan hul rol wees in ’n post-Zu­ma- po­li­tie­ke be­stel?

Zu­ma het die DA en die EFF die af­ge­lo­pe de­ka­de po­li­tie­ke suur­stof ge­gee.

Hy het die DA en EFF oor­ge­noeg am­mu­ni­sie ge­gee om hul­le soos rid­ders op wit per­de te laat lyk. Vir el­ke voet­fout wat Zu­ma ge­maak het, het die DA en die EFF ont­nug­ter­de ANC-le­de in­ge­ka­trol, so­veel so dat die DA, wat eint­lik maar skraps aan stem­me was – met die uit­son­de­ring van in die Wes-Kaap – nou drie me­tro’s saam met an­der op­po­si­sie­par­tye be­heer.

Zu­ma het op die pas af­ge­lo­pe be­leids­kon­fe­ren­sie van die ANC ook ver­wys na die op­po­si­sie wat uit die len­de­ne van die ANC ont­spring het. Die UDM, Co­pe en die EFF is in we­se al­mal ver­loop­te ANC-men­se. Toe Ban­tu Ho­lo­mi­sa uit die ANC ge­skop is en die UDM ge­stig het, is hul­le ge­sien as die al­ter­na­tief vir die ANC. Van­dag is die UDM ge­re­du­seer tot ’n po­li­tie­ke par­ty wat net nog re­le­vant is in die ou Trans­kei.

Die­self­de met Mo­si­u­oa Le­ko­ta se Co­pe. Toe T­ha­bo M­be­ki her­roep is deur die ANC, was dit M­bek­ïe­te wat uit die ANC ge­stap het. Met groot fan­fa­re is Co­pe ge­sien as die par­ty wat die aar­de on­der die ANC se voe­te sou skud. Met die ver­kie­sing in 2009 het hul­le ’n stuk of 30 LP’s ge­had. Nou het hul­le ’n ska­me­le drie en baie van die ver­loop­tes is in ANC-boe­sem.

En toe maak die mi­li­tan­te EFF met Ju­li­us Ma­le­ma aan die spits sy bui­ging op die Suid-A­fri­kaan­se po­li­tie­ke ver­hoog. Met 25 LP’s in die par­le­ment het hul­le van die be­gin af vir die ANC gas ge­gee en Zu­ma as hul tei­ken ge­stel. Aan die be­gin was dit dalk snaaks om vir Zu­ma dood te skree en met die par­le­ment se Wit­hem­de hand­ge­meen te raak, maar dit raak nou af­ge­saag.

Die EFF, wat in­spi­ra­sie put uit die Marx­is­ties-Le­ni­nis­tie­se i­dee, waai ook maar warm en koud. Hul­le speel vir die ge­hoor (én slaag goed daar­in), maar wat hul­le in be­leid aan­bied, is maar net ’n du­pli­kaat van die ANC.

Die DA lek sy lip­pe af vir 2019 en maak daar­op aan­spraak dat hy die kleur van die gor­dy­ne in die we­s­te­li­ke vleu­el van die U­nie­ge­bou gaan kies wan­neer hy sy in­trek daar neem. Dis op­por­tu­nis­ties en dag­dro­me­ry.

Die DA moet ook nie wil voor­gee dat hy so wit soos sneeu is nie. El­ke po­li­tie­ke par­ty het maar sy ge­raam­tes in die kas en in die DA is daar fak­sies – net soos in die ANC.

Heim­lik hoop die DA dat N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma tot ANC-pre­si­dent ver­kies word, want dan kan hy nog die Zu­ma-kon­nek­sie as slaan­stok ge­bruik.

Wen Cy­ril Ra­map­ho­sa eg­ter die pre­si­dents­ver­kie­sing, is die DA in die moei­lik­heid.

Ra­map­ho­sa het nie ’n N­kand­la nie en is, an­ders as Zu­ma, nie af­hank­lik van die Gup­tas nie. Die DA blaf ook vir die maan as hy dink dat die ANC net een­vou­dig gaan in­plof. Dit. Gaan. Nie. Ge­beur. Nie.

Ek byt ook lang­tand aan die nar­ra­tief dat die ANC – on­der wie ook al – tot ’n op­po­si­sie­par­ty ge­re­du­seer gaan word. Men­se mag dalk kwaad en moe­rig wees oor die doen en la­te van se­ke­re in­di­vi­due in die ANC, maar hul­le ver­geet nie gou wie hul be­vry­ders was nie. Die ANC is al hoe­veel keer ge­lou­ter, maar het al­tyd ster­ker an­der­kant uit­ge­kom. Hoe­kom sal dit nou skie­lik an­ders wees? )

Die Bur­ger se spot­prent op 17 Mei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.