Van Heer­den se ver­set teen die fi­na­le woord

Soos in E­tien­ne van Heer­den se an­der ro­mans, speel kuns en kuns­te­naars hier ’n be­lang­ri­ke rol. Kuns be­mid­del die ver­le­de, maak ken­nis van die self en an­der moont­lik, skryf Wil­lie Bur­ger.

Beeld - - Boeke -

Fik­sie be­lang­rik. Dink maar aan die pro­loog in Die swye van Ma­rio Sal­vi­a­ti waar­in ’n grot oop­ge­skiet word so­dat die ver­le­de ge­kon­fron­teer kan word. Ook in In ste­de van die lief­de, Der­tig nag­te in Am­ster­dam en K­lim­tol moet ka­rak­ters ’n pyn­li­ke ver­le­de kon­fron­teer.

Reeds se­dert Toor­berg is Van Heer­den se oeu­vre ten nou­ste ge­moeid met skuld. Die reg­bank se soe­ke na een­dui­di­ge waar­heids­aan­spra­ke word soos ’n be­roep op bur­ger­li­ke of gods­diens­ti­ge mo­ra­li­teit tel­kens ge­kom­pli­seer in si­tu­a­sies waar el­ke lid van die ge­meen­skap aan­da­dig is aan wat ge­beur. In Die wê­reld van C­har­lie Oeng ge­beur dit selfs tref­fen­der.

Ti­an se kon­fron­ta­sie met sy eie ver­le­de word eint­lik die on­der­soek van die wê­reld van C­har­lie Oeng. Oeng is ’n Kan­to­nees wat in Am­ster­dam ge­bo­re is en groot­ge­word het. As jong man ver­laat hy Ne­der­land ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log via Frank­ryk (om te ont­snap van ’n on­der­grond­se C­hi­ne­se be­we­ging waar­voor hy moor­de moes pleeg) tot hy uit­ein­de­lik in Hong­kong be­land. Hy word in­ge­haal deur die C­hi­ne­se ben­de en ná nog ’n moord vlug hy vroeg in die 1960’s na Suid-A­fri­ka waar hy ver­lief raak, sy lief­de ver­loor en ja­re lank aan wraak be­plan op die Ka­roo­dor­pie waar Ti­an Ki­li­an, toe nog ’n jong skool­seun, se pa ’n pro­ku­reur en na­week­boer is.

Om ge­skie­de­nis te skryf is om ’n on­be­ken­de wê­reld te be­tree – e­ni­ge weer­ga­we van die ver­le­de is al­tyd ’n re­kon­struk­sie – ge­brek­kig en vol dwaal­spo­re. Ti­an be­sef hoe moei­lik dit is om ’n an­der mens te kan ken en hoe­dat ons tel­kens in ste­re­o­ti­pe ken­nis oor an­der en oor ons­self ver­val (ook jou­self kon­stru­eer jy as ’n “an­der” wan­neer jy oor jou­self na­dink). Seep­glad­de sto­ries en die na­me wat ons gee, be­to­wer ons en draai ons vas in beel­de wat ons van die waar­heid ver­vreem.

Ti­an doen na­vor­sing, be­soek Am­ster­dam en Hong­kong. Hy raak ver­lief op ’n Ne­der­land­se lug­waar­din van Oos­ter­se af­koms en word ook in die lief­des­ver­hou­ding ge­kon­fron­teer met sy eie op­vat­tings wat werk­li­ke be­grip van ’n an­der en van hom­self moei­lik maak.

Soos in Van Heer­den se an­der ro­mans, speel kuns en kuns­te­naars ’n be­lang­ri­ke rol. Kuns be­mid­del die ver­le­de, maak ken­nis van die self en an­der moont­lik, on­der meer deur teen ste­re­o­ti­pes te wor­stel. Die Suid-A­fri­kaan­se po­li­tie­ke re­a­li­teit en ko­lo­ni­a­le ver­le­de – en ver­al die rol van ste­re­o­ti­pe­ring en skuld in hier­die ver­band – word ook deur Ti­an se speur­ver­haal on­der­soek.

Die groot vraag is hoe om aan e­nig­iets naam te gee son­der om te ste­re­o­ti­peer. Hoe ver­tel ’n mens ’n ver­haal son­der om te mis­lei? Naam­ge­wing en ver­tel­ling ste­re­o­ti­peer en mis­lei. Skry­wers pen tel­kens een as­pek ten kos­te van an­der moont­li­ke na­me en weer­ga­wes vas. Som­mi­ge skry­wers veg hier­teen deur hul pro­sa te stroop. Van Heer­den veg daar­teen deur rit­se woor­de wat soms oor­da­dig bly bor­rel en die on­vas­pen­ba­re waar­heid van veel­vul­di­ge, half-on­moont­li­ke ver­ha­le, want so­doen­de ver­hoed hy dat mens vas­val in die ver­lei­de­lik­heid van ’n fi­na­le woord of ’n en­ke­le weer­ga­we.

Uit­ein­de­lik “droom” Ti­an hom­self in ’n ver­haal in, en word sy en C­har­lie se ver­ha­le een. Deur C­har­lie se wê­reld te droom, vind hy hom­self. Op ’n ma­nier is dit wat hier­die ro­man doen, is dit wat fik­sie in die al­ge­meen doen: Dit sleep mens in die “op­ge­droom­de ver­haal” in en ’n mens er­vaar jou­self in ’n an­der wê­reld. Dit het ’n trans­for­me­ren­de ef­fek. ) Wil­lie Bur­ger is hoof van die de­par­te­ment A­fri­kaans aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

Die groot vraag is hoe om aan e­nig­iets naam te gee son­der om te ste­re­o­ti­peer. Hoe ver­tel ’n mens ’n ver­haal son­der om te mis­lei?

Fo­to: IMKE VAN HEER­DEN

E­tien­ne van Heer­den

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.