Dig­ter nie teen hom­self be­skerm

Beeld - - Boeke -

Po­ë­sie

’n Ope brief aan Do­ri­an Gray Ru­an Fou­rie PRO­TEA, R160

Ek mis die ge­lief­de, kort­ge­ba­ker­de oud­pro­fes­sor A.P. Gro­vé in die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de. Ek mis ver­al sy re­sen­sies, sy sny­dend-eer­li­ke me­nings oor boe­ke en ma­nu­skrip­te. Hy het skry­wers, voor­ne­men­de dig­ters ver­al, son­der om ’n oog te knip met ’n voor­ha­mer ge­sus en met ’n koe­voet ge­troos.

Al­le li­te­ra­tuur­do­sen­te sal ver­se­ker daar­die aak­li­ge ge­voel ken as ’n be­gees­ter­de stu­dent jou sy skryf­werk in die hand stop en jou vra jy moet groot as­se­blief tog daar­na kyk. Jy wil­lig on­wil­lig in. As jy la­ter, ná ver­loop van veel ge­fol­ter­de dae, weer in daar­die hoop­vol­le poe­le blou kyk, pro­beer jy de­li­kaat ver­dui­de­lik dat ten spy­te van ál­les daar séér se­ker­lik tog baie ta­lent is, reg­tig.

Ru­an Fou­rie is ’n hon­neurs­stu- dent aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit en hy is dui­de­lik on­der­lê in die li­te­rê­re te­o­rie, en hy be­sit reeds op ’n vroeë ou­der­dom ’n im­po­san­te ken­nis van kern­teks­te in die wê­reld­li­te­ra­tuur; hy het ook van die be­lang­rik­ste A­fri­kaan­se dig­ters ge­lees. Fou­rie het – soos sy di­gi­ta­le ge­ne­ra­sie ge­oe­fend is – ver­stom­mend vin­nig ’n dig­bun­del ge­skryf oor ’n lief­des­ver­hou­ding wat skeef­ge­loop het. Ná die ma­nu­skrip ge­steel is, het hy dit vin­ni­ger as wat jy kan sê T­wit­ter weer oor­ge­skryf.

Die dig­ter ge­bruik die de­ka­den­te ro­man van Os­car Wil­de, The Pic­tu­re of Do­ri­an Gray, as breë ver­wy­sings­teks waar­teen hy sy eens trau­ma­tie­se ver­hou­ding pro­jek­teer, en skryf nou ’n ope brief (= dig­bun­del) aan sy vo­ri­ge min­naar (= Do­ri­an Gray), wat hy kaal­vuis met ’n gro­ter ge­hoor wil deel. Die dig­ter word skyn­baar ge­ob­jek­ti­veer as Ba­sil Hal­l­ward, die be­skroom­de skil­der (= dig­ter) wat ’n por­tret (= dig­bun­del) van Do­ri­an Gray maak. Hy, dis nou Do­ri­an Gray, word ver­lei deur ’n he­do­nis, Lord Hen­ry Wot­ton, die “e­wi­ge an­ta­go­nis”, na reg­te ’n ge­dres­seer­de dan­dyd­rol. Ná ’n me­ta­fi­sie­se pakt bly Gray spuls, maar die por­tret van hom dra al­gaan­de die (me­ta­fik­si­o­ne­le) las van sy on­ge­reg­tig­he­de.

Dis Blai­se Pas­cal wat in sy Pen­sées ge­sê het: “All the mis­chief of the wor­ld is do­ne by one thing; the in­a­bi­li­ty to re­main at rest within one’s own room.”

Die tyd en ge­duld ont­breek my om oor die me­nig­vul­di­ge man­ke­men­te van die bun­del te be­gin uit­wei: die skry­nen­de ge­brek aan die mag van die me­ta­foor, wat die teks­te so ter­loops en stu­den­ti­koos pra­te­rig en tri­vi­aal maak; ’n ver­li­te­ra­tuurd­heid wat die eie stem to­taal ver­swelg; on­oor­tui­gen­de teen­kon­ven­sie­truuks; ge­brek­ki­ge ver­si­fi­ka­sie, en veel, veel meer. Die dig­ter praat te­reg van “dood­ge­bo­re ge­dig­te”, “’n teks / wat al­le uit­leg ont­gaan”, al is daar ’n y­we­ri­ge po­ging tot “iets moois, iets seep­bel­sub­tiels”. Op bl. 46 ver­woord hy dit “in py­ni­gen­de, arg­waan­wek­ken­de ma­te” be­son­der raak: “dis ’n soe­ke na die eind­doel van niks”.

Waar was pro­fes­so­re om die jong man teen hom­self te be­skerm? Waar was die uit­ge­wer, die keur­ders, die re­di­geer­ders, toe dié on­sin­nig­he­de deur­ge­glip het: “jy is ’n mar­mer­mens / ’n skik­king van pyn . . . jy is deur die on­be­stuur­li­ke / on­ver­geef­li­ke see in­ge­sluk”?

Vol­gens oor­le­we­ring het B­rey­ten B­rey­ten­bach ná ’n le­sing by Tuk­kies saam met prof. A.P. Gro­vé vir mid­dag­e­te ge­stap toe ’n voor­ne­men­de dig­ter hul­le tromp­op loop en sy ge­dig­te in die gas­spre­ker se hand druk en na sy me­ning vra. Prof. Gro­vé het die sta­pel­tjie ge­dig­te ferm uit B­rey­ten­bach se hand ge­vat, sy oë vlug­tig laat val oor die yl skrib­be­ling. Ná ’n paar se­kon­des se lees, gee hy dit te­rug aan die ver­dwaas­de stu­dent, kyk hom stip in sy “ig­ti­o­mor­fe oë” en sê sag, dog ferm: “Dis sui­wer kak.” ) Tom Gouws is ’n dig­ter van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.