Boe­ke

Uit­ste­ken­de stuk skryf­werk

Beeld - - Boeke -

Fik­sie Pad na een­saam­heid het die eer­ste keer in 1964 ver­skyn en die twee­de uit­ga­we daar­van is pas weer op die rak­ke.

Die twee hoof­ka­rak­ters, Wil­lem en Hans, het ui­teen­lo­pen­de wê­reld­be­skou­ings. Wil­lem is ’n ni­hi­lis wat glo dat ’n mens nie hoef te werk nie. Hy swerf dus rond van vrou tot vrou wat haar oor hom ont­ferm en ver­sorg. Hy is si­nies en het geen be­te­ke­nis­vol­le ver­hou­dings met an­der men­se nie.

Hans is ’n in­ni­ge plaas­boer wat hard werk, maar suk­kel om ’n be­staan te maak. Sy vrou, San­nie, het hom ge­los vir ’n an­der man en hom fi­nan­si­eel ver­woes. Steeds is hy po­si­tief dat hy haar hart gaan te­rug­wen en dat sy ge­luk sal swaai.

Die twee mans se paaie kruis toe Hans vir Wil­lem ’n saam­ry­ge­leent­heid gee en Wil­lem uit­ein­de­lik op Hans se plaas, Een­saam­heid, ver­toef. Wil­lem daag Hans se den­ke ag­gres­sief uit, oor sy werks­e­tiek, sy ge­loof en sy ver­wron­ge ge­bon­den­heid aan San­nie. Hans kan aan geen lo­gie­se re­de­na­sies dink om Wil­lem te troef nie en val tel­kens te­rug op By­bel­se ver­se en voor­skrif­te.

Op die dag wat Wil­lem wil te­rug­keer na Jo­han­nes­burg, waar hy woon, breek Hans sy been en Wil­lem word so half ge­ma­ni­pu­leer om aan te bly en te help met die plaas­be­dry­wig­he­de.

Dit is waar die ver­haal ver­al in­te­res­sant raak. Hoe meer Wil­lem be­trok­ke raak by die boer­de­ry, hoe meer be­gin hy daar­van hou om te werk. Hy koes­ter die ta­bak en mie­lies wat hy ge­plant het, hy be­raam plan­ne om die droog­te te kort­wiek en hy raak ge­heg aan ’n hond­jie.

Boon­op raak hy ver­lief op die buur­man, Oom Daan, se dog­ter, Di­na. Sy is ’n on­der­wy­se­res en hon­neurs­stu­dent in let­ter­kun­de en word die e­nig­ste ka­rak­ter wat Wil­lem se in­tel­lek­tu­e­le ge­ly­ke is en sy i­dees be­re­de­neerd kan uit­daag.

Hans, daar­en­teen, raak al hoe meer af­ge­trok­ke en stel min­der be­lang in die be­dry­wig­he­de op die plaas, ver­al toe hy ’n tyd in die hos­pi­taal deur­bring en sterk be­ïn­vloed word deur die man langs hom, wat glo hy is ’n twee­de kans in die le­we ge­gun. Dié me­ta­mor­fo­ses lei uit­ein­de­lik tot ’n bot­sing wat ’n ver­woes­ten­de uit­wer­king op die ka­rak­ters se le­wens het.

Pad na een­saam­heid is ’n kom­plek­se werk wat af­speel teen die een­voud van die Suid-A­fri­kaan­se plat­te­land in die vroeë 1960’s, ’n tyd toe ’n man van am­per 40 ’n 50ja­ri­ge as “oom” aan­ge­spreek het en R10 ’n for­tuin was. Dit het die in­ten­se wan­ho­pig­heid van ’n Coen-broers­fliek, die ak­tie­we fa­ta­lis­me van ’n Ca­mus-no­vel­le en be­vat ek­sis­ten­si­ë­le uit­da­gings waar­mee men­se van­dag steeds wor­stel. Dit is ’n uit­ste­ken­de stuk­kie skryf­werk. ) Ri­aan Gro­bler is ’n vry­skut­re­sen­sent en re­dak­sie­lid van Ci­ty P­ress.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.