Lief­des­ver­ha­le teen win­ter

Beeld - - Boeke -

Fik­sie

Keur 1 & Keur 2 He­le­ne de Kock en Chris­ti­ne le Roux HU­MAN & ROUSSEAU, R235

Dis tyd vir die groot cli­ché: die win­ter. Kag­gel­vu­re, boon­tjie­sop, ver­kou­es, re­ën­drup­pels wat teen ven­ster­rui­te tik. En boe­ke. Lief­des­ver­ha­le.

Mik vir ’n om­ni­bus: drie of vier sto­ries vir die prys van twee. Dié sto­ries het die toets van die tyd deur­staan. Met om­ni­bus­se doen uit­ge­wers be­lang­ri­ke be­wa­rings­werk: Skry­wers wat ons ma’s en ou­mas se har­te warm ge­maak het – Tryna du Toit, Ena Mur­ray, Su­san­na M. Lin­gua – is weer met ons.

Twee splin­ter­nu­we om­ni­bus­se is He­le­ne de Kock se Keur 1 en Chris­ti­ne le Roux se Keur 2. E­le­a­nor Ba­ker was be­kend vir let­ter­kun­di­ge ro­mans soos Dos­sier van ’n gy­se­ling en Ver­beel­de werk­lik­heid, maar het as Chris­ti­ne le Roux lief­des­ver­ha­le ge­skryf. Vyf ver­ha­le is in Keur 2 saam­ge­vat: “Ver­bor­ge lief­de”, “Lief­des­val­lei”, “Tot in e­wig­heid”, “Uit­draai na U­kut­hu­la” en “’n Heel nu­we mens”.

“Ver­bor­ge lief­de” het oor­spronk­lik in 1997 ver­skyn, maar het die vars­heid van ’n warm brood. Ro­land Mey­er, skat­ryk sa­ke­man, is keel­vol vir leë kos­kas­te en py­pe wat bars: Hy be­no­dig ’n huis­houd­ster. Vic­to­ria is moeg vir kan­toor­werk. Ge­rief­lik­heids­hu­we­li­ke was des­tyds mo­de on­der ro­man­se­skry­wers: Ro­land sorg vir Vic­to­ria en sy be­har­tig sy huis­hou­ding, maar dis al. Hy be­sef hy voel méér vir haar as wat hy ge­dink het . . .

“Ver­bor­ge lief­de” het die sjar­me en so­ber­heid wat ro­mans soos Die glas­ap­pel en ’n Kwes­sie van teg­niek, in vo­ri­ge om­ni­bus­se op­ge­neem, tyd­loos ge­maak het. Ruim­te ont­breek om die an­der ver­ha­le te be­spreek, maar die kan­se is skraal dat hul­le nie jou to­ne gaan laat krul nie.

De Kock se “Die soe­te dwa­ling”, “Sei­soen van die skim­mel­son”, “An­der­kant die vloed­wa­ters” en “’n Vrou vir Ver-en-Na­by” vind op­nuut ’n tuis­te in Keur 1. “Die soe­te dwa­ling” is aan­vank­lik in 1978 ge­pu­bli­seer: Dok­ter Da­ïrus Deet­lefs is keel­vol vir sy ma wat hom aan die lig-in-die-broek Mar­ti­ne wil af­smeer. Hy vlug En­ge­land toe en leer sus­ter Syl­via Saun­ders be­ter ken. Sý word sus­ter Deet­lefs toe dié twee óók op ’n ge­rief­lik­heids­hu­we­lik oor­een­kom: Mar­ti­ne en Da­ïrus se ma kom kui­er.

Die eg­paar hou ’n oor­tui­gen­de front voor, maar Da­ïrus is moeg daar­voor om op ’n kamp­bed­jie te slaap en Syl­via wil hom wys sy is nie ’n “koue vis” nie.

Die held sal le­sers­har­te steel en die feit dat die ver­haal hom ’n paar de­ka­des ge­le­de af­speel, bied ’n ei­e­soor­ti­ge be­ko­ring. Die an­der ver­ha­le is ook heel­te­mal lees­baar. Goeie lief­des­ver­ha­le sterf nie: Hul­le duik weer en weer op om, as­of vir die eer­ste keer, ge­lees te word. Lees en ge­niet – ter­wyl dit nog win­ter is. ) J.B. Roux is ’n vry­skut­re­sen­sent van Rie­beek-Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.