Su­ni­ta ‘ver­dwyn’ op toer

Klein din­ge­tjies maak nou sin, sê fa­mi­lie­lid

Beeld - - Boeke - Ma­re­li­ze Bar­nard

Su­ni­ta van Dyk (32), wat in vreem­de om­stan­dig­he­de saam met haar man, Ja­c­ques (30), in hul huis in Wel­ling­ton dood is, het en­ke­le dae te­vo­re een nag glo “net ver­dwyn” ter­wyl sy kin­ders op ’n sport­toer moes op­pas.

Su­ni­ta, wat ’n on­der­wy­ser en net­bal­af­rig­ter by die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um was, en Da­nie le Roux, die skool­hoof, was van die on­der­wy­sers wat rug­by- en net­bal­span­ne na die Wil­de­kla­wer-toer­nooi in Kim­ber­ley ver­ge­sel het.

In die vroeë og­gend­u­re van Sa­ter­dag 29 A­pril het ’n kind in die groep wat Su­ni­ta op­ge­pas het, siek ge­word.

Vol­gens ’n bron in die bin­ne­kring van die Van Dyks is daar tus­sen 02:00 tot 03:00 na Su­ni­ta ge­soek, maar hul­le kon haar nie in die han­de kry nie.

Sy het ’n uur la­ter in die ge­sel­skap van Le Roux daar aan- ge­kom, word be­weer.

Fa­mi­lie­le­de en vrien­de van die Van Dyk-eg­paar hou vol dat hul­le nie sal rus nie tot die vol­le waar­heid be­kend is oor hoe en hoe­kom die jong eg­paar dood is, wat Su­ni­ta se ver­hou­ding met haar skool­hoof was en of dit tot met haar dood aan­ge­hou het.

Le Roux ant­woord nie sy sel­foon nie en kon nie vir kom­men­taar op­ge­spoor word nie.

Hy het op 8 Ju­nie in ’n brief aan ou­ers van die skool ge­sê “in ’n po­ging om ie­mand te men­tor en te help het ek die grens van pro­fes­si­o­na­li­teit oor­skry. Ek en my vrou het op ’n per­soon­li­ke en e­mo­si­o­ne­le vlak toe­ge­laat dat een van ons per­so­neel­le­de te na aan ons kom. Daar­voor vra ek groot ver­sko­ning. Dit is ver­se­ker die groot­ste les van my per- soon­li­ke en wer­k­le­we.”

’n Ver­trou­e­ling van die Van Dyk-eg­paar sê baie van die in­lig­ting wat nou be­kend word, is vir hul­le nuus.

Men­se het ge­weet daar was pro­ble­me in die Van Dyks se hu­we­lik, maar nou­dat daar te­rug­ge­kyk word, is daar baie klein din­ge­tjies wat ge­beur het wat nou meer sin maak.

“Ons gaan aan­hou tot­dat ons weet wat die waar­heid is,” het die per­soon ge­sê.

In­tus­sen het Rap­port be­rig pri­va­te s­peur­ders sê hul­le ver­moed nou sterk dat ’n mis­daad ge­pleeg is en dat brand­stof ge­bruik is in die brand waar­in die Van Dyk-eg­paar dood is.

S­peur­ders is nou op die spoor van die kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal van ’n vul­sta­sie waar ie­mand met ’n wit voer­tuig brand­stof in ’n kan­ne­tjie ge­koop het, be­rig Rap­port.

Die moont­lik­heid dat die brand in die Wel­ling­ton­se plaas­huis nie ’n on­ge­luk was nie, is een van die kwes­sies wat die pri­va­te s­peur­ders nou on­der­soek.

Die po­li­sie het tot nou ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek ge­doen.

Met ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek word be­paal wat die doods­oor­saak is en of ie­mand wel aan­da­dig was aan die per­soon se dood.

Da­nie le Roux, hoof van die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um, en Su­ni­ta van Dyk, ’n voor­ma­li­ge on­der­wy­ser aan die­self­de skool. Sy en haar man, Ja­c­ques, is in hul bran­den­de huis dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.