Kla só by ons

Beeld - - Tot u Diens -

Ver­brui­kers kan hul klag­tes e­lek­tro­nies by Tot u Diens in­dien. Stuur e­pos na to­tu­diens@beeld.com.

Klag­tes wat e­lek­tro­nies in­ge­dien word, kan spoe­di­ger af­ge­han­del word. U kan ook ’n faks stuur na 086 693 5146. Ont­hou om die maat­skap­py se faks­nom­mer en be­son­der­he­de in te sluit. Pe­ter Saay­man het vir ons ge­skryf oor E­li­te Mo­bi­le, met wie se diens hy en sy vrou nie te­vre­de is nie.

“E­li­te Mo­bi­le het my vrou ver­le­de De­sem­ber ge­kon­tak en ’n re­ke­naar teen R129 per maand aan­ge­bied. Die kon­trak was vir 24 maan­de en my vrou het daar­toe in­ge­stem. Sy het dit dui­de­lik ge­maak sy sal niks meer as die R129 per maand be­taal nie.

“Met die ont­vangs van die kon­trak was daar ’n klomp ek­stra i­tems in­ge­sluit wat nóg R184 per maand sou kos. Ons het weer vir E­li­te ge­sê ons wil nie meer as R129 per maand be­taal nie en het hul­le ver­soek om al die ek­stra i­tems te ver­wy­der. Hier­na het E­li­te die kwo­ta­sie aan­ge­pas en die paai­e­ment is wel op R129 per maand vas­ge­maak.

“Met die eer­ste af­trek­king van my vrou se bank­re­ke­ning was die be­drag R198. Nog twee af­trek­kings van die­self­de be­drag het ge­volg. Net min­der as R600 is dus son­der my vrou se toe­stem­ming van haar re­ke­ning ver­haal.

“Die ker­sie op die koek is dat sy tot op da­tum nog nie eens die be­trok­ke toe­stel van E­li­te ont­vang het nie.

“Al ons po­gings om die si­tu­a­sie op te los het op do­we ore by E­li­te ge­val.”

Ons het E­li­te Mo­bi­le oor Saay­man se skry­we ge­pols. Hul te­rug­voe­ring aan ons het ge­wis­sel van tot on­der­soek word in­ge­stel tot die saak is af­ge­han­del.

Saay­man sê die saak is be­slis nog nie na wens af­ge­han­del nie en dat E­li­te Mo­bi­le steeds te veel geld van sy vrou se bank­re­ke­ning ver­haal. Niel Hodg­man het by Vo­da­com vas­ge­brand.

“Ek het in Ja­nu­a­rie van­jaar ’n kon­trak met Vo­da­com aan­ge­gaan. Van wat ek ver­staan, word die sel­foon se kos­te by die maan­de­lik­se paai­e­ment in­ge­sluit en word dan my ei­en­dom as die kon­trak ná 24 maan­de ver­stryk.

“Ek het eg­ter op my re­ke­ning ge­merk ek be­taal be­hal­we vir die ge­wo­ne kon­trak­prys ’n by­ko­men­de be­drag vir die sel­foon.

“Ek dink Vo­da­com het ’n fout ge­maak, maar ek kon tot dus­ver nie uit­vind of dit wel die ge­val is nie.”

Ons het Hodg­man se klag­te vir Vo­da­com ge­stuur. Hy sê hul­le was met hom in aan­ra­king en die saak is be­vre­di­gend op­ge­los. ) El­ze B­rits het ook by Vo­da­com ’n blou­tjie ge­loop.

“Ek suk­kel al se­dert 2015 met Vo­da­com toe ’n on­reg­ma­ti­ge op­gra­de­ring op my re­ke­ning ge­doen is. In dié sta­di­um is ’n re­ke­naar met da­ta son­der my toe­stem­ming op my re­ke­ning ge­kop­pel. Ek het al ’n klomp e-pos­se aan Vo­da­com ge­rig om die saak te pro­beer op­los, maar daar het nog niks van ge­kom nie.

“Ná so­wat ’n jaar van oor en weer kom­mu­ni­keer, het ek be­sluit om my de­biet­or­der vir Vo­da­com by die bank te stop. Teen daar­die tyd het ek al meer as R8 000 te veel aan Vo­da­com be­taal.

“No­de­loos om te sê, Vo­da­com het steeds nie die pro­bleem op­ge­los nie en nou dreig hul­le my met reg­stap­pe as ek hul­le nie weer be­gin be­taal nie.”

Tot u Diens het Vo­da­com ook op B­rits se klag­te be­dag ge­maak. Ná ver­skeie e-pos-bood­skap­pe aan hul­le is B­rits se klag­te steeds nie op­ge­los nie. No­ël Mey­er het Tot u Diens ge­vra om hom te help om ’n pro­bleem wat hy by Ab­sa ge­kry het op te los.

“Ek het skuld by Ab­sa en het hul­le ge­vra of ons ’n re­ë­ling kan tref om dit vir my mak­li­ker te maak om die skuld te­rug te be­taal. Ek het met vyf ver­skil­len­de men­se by Ab­sa ge­praat en al wat ek uit hul­le kry, is dat hul­le oor se­we dae sal re­a­geer. Die saak vor­der eg­ter nooit ver­der nie.”

Tot u Diens het Ab­sa ge­vra om Mey­er te help. Hul­le het met hom kon­tak ge­maak en die no­di­ge re­ë­lings is vol­gens sy ver­soek ge­tref. Hein Vil­joen het ’n on­der­on­sie met C­lien­tè­le ge­had.

“Ek en my vrou suk­kel al ge­rui­me tyd om ’n uit­be­ta­ling op ’n po­lis van C­lien­tè­le te kry. Hul­le vra ons el­ke keer vir ’n klomp do­ku­men­te wat ons reeds ver­skeie ke­re vir hul­le ge­stuur het. Ek het die si­tu­a­sie al te­le­fo­nies aan ver­skeie men­se daar ver­dui­de­lik en el­ke keer is dit die­self­de sto­rie van die do­ku­men­te wat hul­le soek.

“Teen hier­die tyd weet ek nie meer wat­ter kant toe nie, want dit kom nie voor of ie­mand by C­lien­tè­le reg­tig luis­ter na wat ’n mens vir hul­le sê nie.”

Ons het C­lien­tè­le oor Vil­joen se klag­te ge­pols. Hy het in­tus­sen laat weet die no­di­ge uit­be­ta­ling is nou aan hom ge­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.