Klag­te van die week

Beeld - - Tot u Diens -

I­sa­bel S­mith het ’n klag­te oor ge­stuur. “By ons vo­ri­ge huis het ons van ADT se diens­te ge­bruik ge­maak. Die maan­de­lik­se paai­e­ment was net meer as R300 per maand. Daar was eg­ter ’n aan­val by ons bly­plek en daar­na het ons be­sluit om te ver­huis.” S­mith het ADT laat weet hul­le gaan trek. “Ons het ADT ver­soek om die kon­trak wat ons met hul­le het, te be­ëin­dig na­dat ons ge­trek het. Ons het aan­ge­neem dit is die ein­de van die saak en dat ons ADT niks ver­der skuld nie. Ek het eg­ter on­langs ’n SMS ont­vang wat my vra om ADT in ver­band met ons re­ke­ning te kon­tak. “Ek en my man is al­bei oor die 80 en ná die aan­val moet ek na hom om­sien, so ek het nie tyd ge­had om ADT self te kon­tak nie. “My broer het na­mens my en my man met ADT kon­tak ge­maak. Hy moes toe hoor ons het blyk­baar ADT nog geld ge­skuld en ons is in­tus­sen aan hul pro­ku­reurs oor­han­dig om die uit­staan­de be­drag in te vor­der. Teen dié tyd was ons vol­gens ADT reeds R6 300 ag­ter­stal­lig. Hul­le het ge­dreig om ons by ’n kre­diet­bu­ro te laat lys.” S­mith wou weet hoe ADT op die R6 300 kom. “Hul­le het ge­sê aan­ge­sien die aan­vank­li­ke drie­jaar­kon­trak nie ver­by was teen die tyd dat ons die kan­sel­la­sie­ver­soek in­ge­dien het nie, is hul­le op 75% van die uit­staan­de be­drag ge­reg­tig. Dit klink nie vir my bil­lik nie, maar ADT wou niks ver­der hoor nie. “Hul­le kruip weg ag­ter ’n op­roep des­tyds aan my man waar­in hul­le hom vir ’n fi­na­le paai­e­ment ge­vra het, maar hy vol­gens hul­le die be­ta­ling ge­wei­er het. “My man is ná die aan­val nie meer in staat om be­hoor­lik te kom­mu­ni­keer nie, so of daar wel so ’n op­roep was, weet ek nie. “Hoe dit ook al is, het ons nie R6 300 om aan ADT te be­taal nie.” Tot u Diens het ADT ge­vra om kom­men­taar te le­wer. Hul­le sê S­mith moes eint­lik nie aan hul pro­ku­reurs oor­han­dig ge­wees het nie. ADT het hul pro­ku­reurs ge­vra om on­mid­del­lik S­mith se lê­er by hul­le te sluit. ’n Brief is aan S­mith ver­skaf om bo­ge­noem­de te be­ves­tig. Sy sê sy is te­vre­de met ADT se te­rug­voe­ring. vir ons

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.