Wen­ke wat werk

Beeld - - Tot u Diens -

As ’n mens in ’n deel­ti­tel­kom­pleks bly, is die vraag waar jy en jou be­soe­kers mag par­keer. Die eer­ste be­lang­ri­ke as­pek om te ont­hou is wat­ter sek­sie jy ge­koop het. Jy het vol­le ei­e­naar­skap van hier­die sek­sie. T­wee­dens het jy ’n aan­deel in die ge­me­ne ei­en­dom. Der­dens kan jy moont­lik eks­klu­sie­we ge­bruik van se­ke­re ge­bie­de van die al­ge­me­ne ei­en­dom hê. Laas­ge­noem­de im­pli­seer nie ei­e­naar­skap nie om­dat dit deel van die ge­me­ne ei­en­dom bly en by die ske­ma as regs­per­soon be­rus. Be­hal­we in ’n nood­ge­val mag ’n in­wo­ner of sy gas­te nie ie­mand an­ders se par­keer­plek ge­bruik ten­sy voor­af goed­keu­ring daar­voor be­kom is nie. Die­self­de geld al­ge­me­ne ei­en­dom waar­voor jy nie eks­klu­sie­we ge­bruiks­reg het nie. ’n Uit­son­de­ring hier­op is na­tuur­lik par­keer­plek­ke wat vir gas­te aan­ge­bring is. Wan­neer daar vir toe­stem­ming ge­vra word om ie­mand an­ders se par­keer­plek te ge­bruik, moet daar ge­spe­si­fi­seer word vir hoe lank die re­ë­ling in plek gaan wees. Waar men­se in ’n deel­ti­tel­ske­ma mag par­keer, kan in die kom­pleks se re­ëls be­paal of ver­an­der word. Soos met e­ni­ge an­der re­ël moet ’n re­so­lu­sie vir die ver­an­de­ring aan­vaar word en by die Deel­ti­tel­om­bud in­ge­dien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.