JSE sal moont­lik 60 men­se af­dank om geld te spaar

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Die JSE het gis­ter ver­skeie stap­pe aan­ge­kon­dig om kos­te te be­spaar, waar­on­der af­leg­gings wat so­wat 14% van sy werks­mag kan raak.

Dié stap­pe sal lei tot ge­an­nu­a­li­seer­de kos­te­be­spa­rings van so­wat R170 mil­joen wat van 2019 en daar­na ge­re­a­li­seer sal word, sê die maat­skap­py.

Nic­ky Ne­w­ton­King, uit­voe­ren­de hoof van die JSE, sê Suid­A­fri­ka word ge­teis­ter deur lae e­ko­no­mie­se groei, kre­die­taf­gra­de­rings en ’n ver­lies aan sa­ke­ver­troue.

“Dit het ak­ti­wi­teit op fi­nan­si­ë­le mark­te van­jaar ne­ga­tief ge­raak,” sê sy.

“Boon­op ver­an­der in­ter­na­si­o­na­le beur­se en an­der s­pe­lers in die fi­nan­si­ ë­le­diens­te­be­dryf die ma­nier waar­op hul­le sa­ke doen in ant­woord op re­gu­la­to­rie­se en teg­no­lo­gie­se ont­wik­ke­lin­ge.”

Die stap­pe sluit ’n ver­min­de­ring van sy be­dryfs­uit­ga­wes aan teg­no­lo­gie met ’n mi­ni­mum van R70 mil­joen oor ’n twee­jaar­tyd­perk en ’n af­leg­gings­pro­ses in­ge­vol­ge art. 189A van die Ar­beids­wet. Dié pro­ses kan lei tot die af­leg­ging van so­wat 60 men­se, 14% van die JSE se werks­mag.

Die be­spa­ring sal vir die eer­ste keer in die 2018­boek­jaar weer­spie­ël word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.