Pas­op, KFC! A­me­ri­kaan­se me­de­din­ger kom SA toe

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert en Bloom­berg

Nóg ’n ge­wil­de A­me­ri­kaan­se kits­kos­groep het sy deu­re in SuidA­fri­ka oop­ge­maak.

Po­pey­es Lou­i­si­a­na Kit­chen gaan op 13 Ju­lie sy eer­ste plaas­li­ke re­stau­rant in Sand­ton Ci­ty, Jo­han­nes­burg, oop­maak.

Dis reeds in 25 an­der lan­de be­skik­baar en is be­kend om sy ge­braai­de hoen­der­stuk­kies.

Die Suid-A­fri­kaan­se maat­skap­py Siy­ag­ho­pa Tra­ding Group bring dié han­dels­naam na SuidA­fri­ka na­dat hy die li­sen­sie ge- koop het by Re­stau­rant Brands In­ter­na­ti­o­nal.

Vol­gens Jaye Sin­clair, uit­voe­ren­de hoof van Siy­ag­ho­pa, gaan Po­pey­es na­si­o­naal uit­ge­brei word om “se­ker te maak die meer­der­heid van Suid-A­fri­ka­ners het toe­gang tot Po­pey­es”.

Die maat­skap­py sal eg­ter ’n om­sig­ti­ge be­na­de­ring volg met sy uit­brei­ding ter­wyl hy pro­beer om klan­te weg te lok van meer ge­ves­tig­de han­dels­na­me soos KFC en C­hic­ken Lic­ken.

Om mee te ding met Yum! Brands, wat KFC be­sit, gaan ’n “lang pro­ses” wees, vol­gens Sin­clair.

Hy is eg­ter vol ver­troue dat Po­pey­es vin­nig ge­wild gaan word wan­neer Suid-A­fri­ka­ners dit eers proe. “Ons bring die bes­te van die A­me­ri­kaan­se sui­de na A­fri­ka se sui­de en ons het geen twy­fel nie dat die ku­li­nê­re oor­een­koms­te, in­slui­ten­de die smelt­kroes van geu­re en fees­te­li­ke tra­di­sies, goed ont­vang sal word deur SuidA­fri­ka­ners,” sê Sin­clair.

Re­stau­rant Brands het Po­pey­es in Fe­bru­a­rie vir so­wat $1,8 mil­jard ge­koop.

Fo­to: REU­TERS

Po­pey­es het sy eer­ste re­stau­rant in 1972 in New Or­le­ans in die VSA ge­o­pen. Die san­ge­res Beyon­cé is glo dol oor Po­pey­es en het dié eet­plek se kos op haar troue in 2008 aan gas­te voor­ge­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.