Mas­ter D­ril­ling ’n aan­trek­li­ke op­sie vir rand­ver­skan­sing

Beeld - - Sake Nuus - Frans de K­lerk

Tal­le maat­skap­pye wat hul vler­ke na die bui­te­land sprei, suk­kel om in­pak te maak, en soms moet hul­le stert tus­sen die be­ne, groot geld af­skryf.

Mas­ter D­ril­ling is eg­ter een van die plaas­li­ke maat­skap­pye, wat met groot suk­ses hul­self ge­ves­tig het as ’n eg-Suid-A­fri­kaan­se maat­skap­py wat suk­ses in die bui­te­land op groot skaal be­haal.

Die re­de is heel een­vou­dig – hul­le be­skik oor die no­di­ge teg­nie­se vaar­dig­heid en teg­no­lo­gie­se kun­dig­heid wat sak­pas op­los­sings bied in baie moei­li­ke en uit­da­gen­de werks­om­ge­wings. Hier­die a­re­as sluit myn­bou, si­vie­le werk en kon­struk­sie in. In­teen­deel, die maat­skap­py poog om nog meer sa­ke in die bui­te­land suk­ses­vol aan te pak.

Vir plaas­li­ke be­leg­gers wat rand­ver­skan­sing ver­lang, is Mas­ter D­ril­ling ’n aan­trek­li­ke op­sie. Om­dat die maat­skap­py plaas­lik ge­ves­tig is, maar hul wins­ge­wend­heid mees­al in bui­te­land­se va­lu­ta ver­dien, maak dit van hul­le ’n i­de­a­le rand­ver­skan­sings­op­sie. In­dien die wê­reld se kom­mo­di­teits­be­hoef­tes of in­fra­struk­tuur­be­hoef­tes in aan­vraag kom, be­hoort die maat­skap­py daar­uit voor­deel te trek.

Teg­nies vang die wa­ter­val-for­ma­sie (moont­lik po­si­tief) die oog. Wa­ter­val-for­ma­sies woed hul­le heel dik­wels uit en wan­neer die aan­deel daar­van­daan om­draai, kan ’n her­stel­lo­pie mak­lik plaas­vind.

Vir spe­ku­lan­te sal die haar­naald­boog-laag­te (ook po­si­tief) van be­lang wees as­ook die e­mo­si­o­ne­le ven­ster wat wag tus­sen R15,55 en R15,70. E­mo­si­o­ne­le ven­sters o­pen ge­woon­lik wan­neer be­leg­gers on­se­ker of bang raak, en wan­neer die aan­deel dan om­draai, sluit die ven­sters ge­woon­lik om­dat op­ti­mis­me dan weer die ven­ster jaag. Die teg­nie­se re­ël ten op­sig­te van ven­sters is heel een­vou­dig: Ven­sters sluit of van­dag, mô­re of ie­wers in die toe­koms.

Haar­naald­boog­laag­tes is ook be­kend daar­voor dat dit soms goeie teg­nie­se om­draai-ge­leent­he­de bied. Al wat wel pla, is dat die aan­deel steeds on­der sy 200 dae be­we­gen­de ge­mid­del­de (R16,18) kon­so­li­deer. Bo dié ge­mid­del­de sal me­di­um- en lang­ter­myn­be­leg­gers weer ge­rus kan slaap in­dien hul­le saam met die spe­ku­lan­te dalk van die teg­nie­se ge­leent­heid wil be­nut.

Die week­lik­se teg­nie­se gra­fiek het be­trek­king.

Vir spe­ku­lan­te – koop eers bo lyn A (R15,50), maar ge­bruik R14,95 as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm. In­dien die mo­men­tum bo R15,55 (o­pe­ning van ven­ster) voort­duur, is die tei­kens na bo R15,70 (sluit van ven­ster), R15,82, R15,96, R16, R16,05 en R16,18 (200 dae be­we­gen­de ge­mid­del­de).

Vir me­di­um- en lang­ter­myn­be­leg­gers – koop slegs in­dien jy die­self­de voel as spe­ku­lan­te, maar hou ook by die­self­de keer­ver­lies as hier­bo deur­gee. Bloot­stel­ling kan bo die 200 dae be­we­gen­de ge­mid­del­de ver­groot word, maar hou dan by lyn A as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm.

Let wel, die prys­ver­dien­ste van 7 is nie bui­ten­spo­rig nie en dié aan­deel is boon­op ’n puik rand­ver­skan­ser.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.