WP se au­ra sal Pu­mas glad nie in­ti­mi­deer

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Wan­neer: Maan­dag 17 Ju­lie, 13:15. Waar: St. S­ti­thi­ans Col­le­ge se rug­by­veld in Jo­han­nes­burg.

Dit is al waar­op die Pu­mas se Cra­ven­week-span nou fo­kus, want dan kom hy teen 2016 se Cra­ven­week-kam­pi­oen, die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, te staan

“Die WP is be­slis die guns­te­ling, hul­le het sterk voor­spe­lers en ’n ag­ter­ste drie­hoek wat uit SA Sko­le-s­pe­lers be­staan. Maar ons sien baie uit na die wed­stryd. Ons gaan speel om te wen,” sê Co­bus van Dyk, die Pu­mas se af­rig­ter.

Van Dyk sê sy span werk bit­ter hard vir daar­die wed­stryd.

“Dit is be­lang­rik om die seuns gees­te­lik so­wel as fi­siek op­ge­was­se vir die uit­da­ging te kry. Ons be­stee ses uur per dag op die oe­fen­veld en ons het ook ’n sport­siel­kun­di­ge ge­kry wat met die seuns werk,” sê hy.

Die WP is van­jaar saam met die Goue Leeus die guns­te­ling om die Cra­ven­week­toer­nooi te wen, maar Van Dyk wil ver­se­ker dié span in­ti­mi­deer nie sy troe­pe nie.

“Ons werk aan ’n paar goed op die veld. Die span wat sy wed­stryd­plan die bes­te uit­voer, gaan suk­ses­vol wees. Ons oor­hoof­se doel­wit is om al drie ons wed­stry­de op die toer­nooi te wen.” Om daar­die doel­wit te be­reik, sal die span van M­pu­ma­lan­ga op sy al­ler­bes­te moet wees. Hoe­wel die Pu­mas nie nood­wen­dig ’n span is wat met ster- s­pe­lers ge­laai is nie, sal hul­le op ge­ves­tig­de kom­bi­na­sies en sa­me­spel staat­maak om ’n in­druk te maak.

Die span word oor­heers deur s­pe­lers uit die Ho­ër­skool Nel­spruit en sy ska­kel­paar van S­te­phan van der Bank en die skrum­ska­kel, João Chris­to­vam, is ’n gif­ti­ge kom­bi­na­sie.

Die voor­ry, Wi­an Ot­to, SP Mul­ler en Ba­ne­le M­then­ja­ne, sak ook saam vir die Nel­lies. M­then­ja­ne is ’n los­kop­stut wat uit­ste­kend skrum.

“Ons het be­slis ge­kyk na kom­bi­na­sies wat werk, ver­al om­dat ons so min tyd saam het. Ons het dalk nie die in­di­vi­du­e­le ster­re wat die WP het nie, maar ons is ge­dug as ’n een­heid,” sê Van Dyk.

Die los­trio, wat be­staan uit die agt­ste­man Cal­vin Clack, steel­kant­flank Re­nier Tro­s­kie en oop­kant­flank Bon­gu­men­zi Dla­mi­ni kan ook teen­stan­ders teis­ter.

João Chris­to­vam, die Pu­mas se skrum­ska­kel, ty­dens die Noor­vaal­bon­de­dag in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.