Lig­blou­es kraai ko­ning in Potch

Beeld - - Sport -

Die Blou Bul­le is vir die der­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar die kam­pi­oen van die Puk­ke­rug­by­week vir o.19­span­ne.

Die Lig­blou­es het die Vry­staat A­ren­de Don­der­dag in Pot­chef­stroom ge­mak­lik met 64­0 in die eind­stryd van dié toer­nooi ver­slaan.

Die Bul­le se uit­ste­ken­de ver­to­ning in die stu­den­te­dorp het ook vir twee van hul s­pe­lers in­di­vi­du­e­le be­lo­ning in­ge­hou.

Die span se stut Hen­ri­co Sny­man is as die voor­spe­ler van die toer­nooi aan­ge­wys.

Die slot Wi­han de Beer het die eer­be­wys van spe­ler van die toer­nooi ont­vang.

Die A­ren­de se Pie­naar van Nie­kerk is as die ag­ter­spe­ler van die toer­nooi aan­ge­wys.

Sny­man en Van Nie­kerk sal elk­een ’n stu­die­beurs van R5 000 by die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit se Potch­kam­pus on­vang. As De Beer be­sluit om in Potch te stu­deer, sal hy ’n beurs van R30 000 ont­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.