S­tor­mers bly lug­tig vir Bul­le

‘Goeie lopie voor kwart­eind’

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die Bul­le is ’n “an­der span” wan­neer hul­le teen die S­tor­mers speel en daar­om word daar by Nu­we­land niks in die P­re­to­ri­a­ners se tuis­ne­der­laag teen die Sout­hern Kings die af­ge­lo­pe na­week ge­lees nie.

“Dit gaan vir ons ’n goeie toets wees voor die kwart­eind­stryd, on­ge­ag die Bul­le se ne­der­laag. Dis pre­sies wat ons no­dig het,” sê Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, oor Sa­ter­dag se krag­me­ting op Lof­tus.

Die S­tor­mers sal ook ’n aan­sien­lik ster­ker span vir dié wed­stryd wees as in die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag­aand se se­ge met 52-15 oor die Sun­wol­ves op Nu­we­land.

Twee se­ni­or S­pring­bok­ke – die slot E­ben Et­ze­beth en vas­kop­stut Frans Mal­her­be – is op die og­gend van die Sun­wol­ves-wed­stryd weens griep aan die span ont­trek.

Hul­le sal te­rug wees vir die krag­me­ting in P­re­to­ria. Die­self­de geld die los­voor­spe­lers Sik­hum­bu­zo Nots­he en Ko­bus van Wyk, as­ook die S­kot­se sen­ter Huw Jo­nes.

Daar is selfs ’n kans dat die los­kop­stut­te Oli Keb­ble en Ali Ver­maak weer be­skik­baar sal wees, al het die S­tor­mers hul­le vir eers nie no­dig nie.

Selfs met die Bul­le se swak spel­peil in be­re­ke­ning ge­bring, sal die S­tor­mers aan­sien­lik be­ter moet wees as teen die Sun­wol­ves as hul­le die hoop wil koes­ter om hul tra­di­si­o­ne­le vy­and in P­re­to­ria te ver­slaan.

Die S­tor­mers se ver­to­ning was on­danks hul 50-tal mid­del­ma­tig en hul­le het op in­di­vi­du­e­le bril­jant­heid staat­ge­maak om die Sun­wol­ves te tem.

Ni­zaam Carr (agt­ste­man), Dil­lyn Leyds (heel­ag­ter) en Da­mi­an Wil­lem­se (los­ska­kel) was die keur on­der die S­tor­mers.

Leyds het ook die span se kul­tuur mooi uit­ge­beeld deur die bal vir C­heslin Kol­be aan te gee vir ’n drie­kuns aan drieë toe hy teen die ein­de self een kon aan­te­ken.

Kol­be het ge­volg­lik die seld­sa­me pres­ta­sie be­haal om twee drie­kun­se in so­veel wed­stry­de aan te te­ken.

Broe­der­skap en naas­te lief­de wen nie groot wed­stry­de nie. Die S­tor­mers sal tak­ties en teg­nies moet ver­be­ter.

Die op­waart­se kur­we gaan by hul voor­spe­lers moet be­gin. Hul­le gaan die bul by die ho­rings moet pak en kon­ti- nu­ï­teit deur fa­ses moet bou om die Bul­le te kan klop.

F­leck het die S­tor­mers se ver­to­ning teen die Ja­pan­ne­se as “frus­tre­rend” be­skryf.

“Ons is on­be­sten­dig. Die vo­ri­ge week was ons dis­si­pli­ne ’n pro­bleem en hier­die week het ons te veel fou­te be­gaan.

“Al­le kre­diet ook aan die Sun­wol­ves. Hul­le was oor­ge­haal om nie weer ’n ver­to­ning te le­wer soos in hul groot ne­der­laag teen die Leeus die vo­ri­ge na­week nie.”

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Die B­lits­buks Se­a­be­lo Se­nat­la duik oor vir een van die S­tor­mers se drieë in die se­ge oor die Sun­wol­ves op Nu­we­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.