Nóg twee top­ja­ers se Tour ver­by

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Die wen­ner van die ne­gen­de skof van die Tour de Fran­ce, Ri­go­ber­to Uran (Cann­on­da­le) van Co­lom­bia, se oor­win­ning is met ’n fo­to be­slis na­dat hy en Frans­man War­ren Bar­guil (Sun­web) in ’n ver­woe­de na­el­rit be­trok­ke was.

Chris Froome (Te­am Sky) van B­rit­tan­je was in die der­de plek in ’n skof oor 184 km van Nan­tua na C­ham­be­ry waar­in twee on­ge­luk­ke die mees­te aan­dag ge­trek het.

Froome se span­maat, Ge­raint T­ho­mas van Wal­lis, wat gis­ter­og­gend in die al­ge­he­le twee­de plek was, se Tour is iets van die ver­le­de na­dat hy in ’n on­ge­luk be­trok­ke was.

Hy het vroe­ër die eer­ste skof ge­wen en het die voor­lo­per se geel­trui ge­dra voor­dat Froome dit ná die vyf­de skof by hom oor­ge­neem het.

T­ho­mas het ver­moe­de­lik sy sleu­tel­been ge­breek, toe hy hard ge­val het op ’n nat af­draan­de.

Nóg ’n top­ja­er, Ri­chie Por­te (MBC Ra­cing) van Aus­tra­lië, was 23 km voor die ein­de ook in ’n on­ge­luk be­trok­ke toe hy in ’n draai van die pad ge­jaag en met Daniel Mar­tin (Ier­land, Quick-S­tep) ge­bots het. Sy Tour is ook ver­by.

Froome se al­ge­he­le voor­sprong is nou 18 se­kon­des oor Fa­bio Aru (Asta­na), met Bar­det (51 se­kon­des) nou in die al­ge­he­le der­de plek.

Die skof­wen­ner Uran (55 se­kon­des) is in die vier­de al­ge­he­le plek.

Suid-A­fri­ka se Louis Mein­tjes (UAE Te­am E­mi­ra­tes) het die skof in die 14de plek klaar­ge­maak, ter­wyl sy land­ge­noot Dar­ryl Im­pey (O­ri­ca) met ’n 87ste plek te­vre­de moes wees.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ri­go­ber­to Uran (in groen) wen die na­el­rit wen­streep toe in die ne­gen­de skof van die Tour de Fran­ce. Hy het net­net met War­ren Bar­guil (twee­de van links) en die al­ge­he­le voor­lo­per, Chris Froome (in geel), af­ge­re­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.