Qu­er­rey en baan 18 wag

Yank nie al slag­gat in ‘pad’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Sam Qu­er­rey, die le­ni­ge A­me­ri­ka­ner met die ka­non-af­slaan, is dalk nie van­dag die e­nig­ste slag­gat wat op Suid-A­fri­ka se Ke­vin An­der­son wag in sy stre­we om die eer­ste keer die kwart­eind­ron­de van Wim­ble­don te haal nie.

Hul krag­me­ting in die vier­de ron­de word op baan 18 be­slis. In die ver­le­de is dit dik­wels ge­sien as die be­graaf­plaas van ge­keur­de s­pe­lers, wie se Wim­ble- don-dro­me daar ge­sneu­wel het.

Van­jaar kan dié baan eg­ter met die Groot Gat in Kim­ber­ley ver­ge­lyk word.

Som­mer al op die twee­de dag van die toer­nooi ver­le­de week het K­ris­ti­na Mla­de­no­vic van Frank­ryk, 12de ge­keur, kwaai ge­kla oor die toe­stand van dié baan. Sy was ook nie die e­nig­ste wat haar be­den­kin­ge oor die ge­hal­te van baan 18 ge­had het nie, aan­ge­sien A­li­son Ris­ke, die A­me­ri­ka­ner wat haar ge­klop het, ook nie te­vre­de was oor ’n gat op die baan nie.

Al­bei het ge­vra of hul wed­stryd nie eer­der na ’n an­der baan ge­skuif kon word nie, maar die skeids­reg­ter het dié ver­soek van die hand ge­wys.

Mla­de­no­vic het dit as baie moei­lik be­skryf om daar te speel. Sy sê daar is nie juis meer gras op die ag­ter­baan nie en dat dit uit­ge­trap is en daar­die ge­deel­te baie glad is.

Die plek waar die gat in die baan was, was baie on­e­we­re­dig en die Fran­se mei­sie sê sy kan net ge­luk­kig wees dat sy son­der ’n erns­ti­ge be­se­ring kon klaar­maak.

La­ter in die week het die S­wit­ser Ti­mea Ba­csin­szky ook van haar laat hoor en haar te­leur­stel­ling oor die gras­op­per­vlak op daar­die baan uit­ge­spreek.

Die kwaai hit­te kry die skuld vir die ge­hal­te van die baan en selfs An­dy Mur­ray, wat al sy wed­stry­de op die hoof­baan speel, het ge­kla dat daar de­le van die baan is wat baie on­e­we­re­dig is en waar ga­te voor­kom.

Dit wil dus voor­kom as­of An­der­son dalk meer kan hê om hom oor te be­kom­mer as die A­me­ri­ka­ner se krag­spel wan­neer hul­le die twee­de wed­stryd op daar­die baan 18 is.

Hy het in 2014 en 2015 die vier­de ron­de van Wim­ble­don ge­haal en dit het twee jaar ge- le­de No­vak D­jo­ko­vic, die uit­ein­de­li­ke kam­pi­oen, vyf stel­le ge­neem om hom in daar­die vier­de ron­de te klop. Dít na­dat An­der­son die eer­ste twee stel­le ge­wen het, maar net nie oor die wen­streep kon kom nie.

Van die 12 krag­me­tings wat hy teen Qu­er­rey ge­speel het, het An­der­son net vyf ge­wen, maar hy kan moed put uit die feit dat hy vier van hul laas­te ses krag­me­tings ge­wen het, in­slui­ten­de die laas­te keer toe hul­le in 2015 slaags was.

Qu­er­rey het eg­ter hul e­nig­ste ont­moe­ting nog op gras, in 2009 by die Qu­een’s-klub in Lon­den, met 7-5, 6-3 ge­wen. ) Van die groot vier (Ro­ger Fe­de­rer, An­dy Mur­ray, No­vak D­jo­ko­vic en Ra­fa­el Na­dal) wat van­dag al­mal in ak­sie is, het Fe­de­rer ver­re­weg die moei­lik­ste teen­stan­der.

Dié S­wit­ser kom teen G­ri­gor Di­mi­trov, die 13de ge­keur­de van Bul­ga­rye, te staan. Mur­ray se teen­stan­der is Be­noi­te Pai­re (Frank­ryk), D­jo­ko­vic pak A­dri­an Man­na­ri­no en Na­dal kom teen Gil­les Mul­ler te staan.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ke­vin An­der­son in ak­sie op Wim­ble­don.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.