Bot­tas wys Ha­mil­ton hoe dit ge­doen word

Beeld - - Sport - – bbcsport.com en skysports.com

Die Fin­se ren­ja­er Valt­te­ri Bot­tas (Mer­ce­des) het gis­ter in S­piel­berg sy oor­win­ning in die Oos­ten­ryk­se For­mu­le EenGrand P­rix as die be­gin van sy le­we be­skryf.

Se­bas­ti­an Vet­tel (Fer­ra­ri) was twee­de en Daniel Ric­ci­ar­do (Red Bull) der­de.

Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des), wat in die agt­ste po­si­sie weg­ge­spring het na­dat hy ge­straf is om­dat sy span vroe­ër sy mo­tor se rat­kas on­reg­ma­tig om­ge­ruil het, het vier­de ge­ëin­dig.

“Ons is nog nie half­pad deur die jaar nie en ek en die span glo (dat ek die wê­reld­kam­pi­oen­skap kan wen). Ek ge­niet el­ke oom­blik hier­van,” het Bot­tas ná sy se­ge, die twee­de van sy loop­baan, ge­sê.

Dit was ’n baie saai ren met min om oor op­ge­won­de te raak. Die laas­te paar rond­tes het da­rem ’n bie­tjie op­win­ding op­ge­le­wer toe Vet­tel op Bot­tas se hak­ke was en Ha­mil­ton sy bes pro­beer het om Ric­ci­ar­do ver­by te steek.

“Aan die be­gin kon ek die ren be­heer, maar dit het moei­li­ker aan die ein­de ge­raak. Ek is in my nop­pies, dis net die twee­de oor­win­ning in my loop­baan en die be­gin van my le­we,” het Bot­tas ty­dens die me­dia-on­der­hou­de op die po­di­um ge­sê.

Vet­tel (171 pun­te) was ook te­vre­de met sy twee­de plek, wat sy al­ge­he­le voor­sprong oor Ha­mil­ton (151 pun­te) tot 20 pun­te laat rek het.

“Met die su­per­s­ag­te ban­de het die mo­tor nu­we le­we ge­kry. Ek dink ek het nog net een rond­te no­dig ge­had, want Bot­tas het baie teen die heu­wel ge­suk­kel,” het Vet­tel ge­sê.

Ha­mil­ton, wat nou in sy vier van sy laas­te ses ren­ne nie op die po­di­um kon staan nie, was maar bra bek-af.

“Ek sien uit na die toe­skou­ers by die B­rit­se Grand P­rix (die vol­gen­de ren). Ho­pe­lik sal ons Sil­vers­to­ne son­der pro­ble­me na­der,” het Ha­mil­ton ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.