Straf­hoe­ke poot­jie SA hok­kie­mans

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger, fih.ch

Die Suid­A­fri­kaan­se mans­hok­kie­span se on­ver­moë om straf­hoe­ke af te rond het hom gis­ter­aand by Wits duur te staan ge­kom teen Ier­land.

Die Groen Ma­sjien, 9de op die wê­reld­rang­lys, het die span­ne se eer­ste wed­stryd in die Wê­reld­li­ga­half­eind­toer­nooi met 2­0 ge­wen.

Suid­A­fri­ka (15de) het in een van sy oe­fen­wed­stry­de voor­af teen Frank­ryk se­we straf­hoe­ke ge­had son­der om af te rond. Gis­ter­aand was dit weer so toe die span vyf straf­hoe­ke ge­had het ná Mat­thew Nel­son se vroeë doel en weer niks daar­mee kon uit­rig nie.

Die gas­heer het ver­al in die paar mi­nu­te voor rus­tyd tal­le ge­leent­he­de ge­had om ’n ge­lyk­ma­ker te kry.

Dit kon se­nu­wees ge­wees het wat ge­knaag het.

S­ha­ne O’Do­nog­hue het Ier­land se twee­de doel – van sy eer­ste straf­hoek af – aan­ge­te­ken.

Suid­A­fri­ka se vol­gen­de wed­stryd is Don­der­dag teen Duits­land. ) Die Suid­A­fri­kaan­se vroue se eer­ste wed­stryd teen In­dië het Sa­ter­dag­aand met 0­0 ge­lyk­op ge­ëin­dig.

Suid­A­fri­ka se vol­gen­de Groep B­wed­stryd is Woens­dag teen Ar­gen­ti­nië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.