Van Ton­der, N­ti­ni blink

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger

Die kap­tein, Raynard van Ton­der, het die Suid­A­fri­kaan­se o.19­krie­ket­span met ’n on­oor­won­ne hon­derd­tal tot ’n se­ge in sy eer­ste een­dag­wed­stryd teen die jong span van die Wes­In­die­se Ei­lan­de Son­dag in C­hats­worth ge­kolf.

SA het met Van Ton­der (131*, 133 b, 18x4;1x6) aan die spits die eer­ste van vyf kits­wed­stry­de met vyf paal­tjies ge­wen deur 223/5 in 41.1 boul­beur­te aan te te­ken.

Die aan­vangs­bou­ler T­han­do N­ti­ni (4/56), seun van Mak­ha­ya N­ti­ni, het die Win­dies op 10/2 vroeg op die ag­ter­voet ge­plaas na­dat Van Ton­der die be­soe­kers in­ge­stuur het. Die hon­derd­tal van Kir­stan Kal­li­cha­ran (101) – nie ver­want aan Al­vin Kal­li­cha­ran – het die Win­dies ge­help om 222/8 aan te te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.