Is dit swak, swak­ker, Bul­le op Lof­tus?

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Jam­mer, ons weet dit is nie goed ge­noeg nie.

Dít was Sa­ter­dag­aand die bood­skap uit die Bul­le-kamp na­dat die Lig­blou­es teen die Sout­hern Kings ’n vier­de ag­ter­een­vol­gen­de wed­stryd in die Su­per­reeks op Lof­tus Vers­feld ver­loor het.

“Dit maak nie saak wat my ver­weer is nie, die ver­to­ning was on­aan­vaar­baar,” sê ’n te­leur­ge­stel­de Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se hoof­af­rig­ter.

Ná die sko­k­ne­der­laag van 30-31 loop die Bul­le die ge­vaar om die reeks van­jaar as SuidA­fri­ka se swak­ste fran­chi­se af te sluit wan­neer die S­tor­mers Sa­ter­dag op Lof­tus be­soek af­lê. ’n Meng­sel van swak dis­si­pli­ne, oor­y­we­rig­heid op die aan­val en vrot ver­de­di­ging het tot die Bul­le se on­der­gang teen die Kings ge­lei.

Ma­rais sê die geel­kaart wat die tuis­span se slot Ja­son Jen­kins in die eer­ste helf­te weens ’n hoog­vat op die lyf ge­loop het, het ’n groot im­pak op die wed­stryd ge­had.

“Dit was ’n swaai van 14 pun­te. Ons (Tra­vis Is­mai­el) het gaan druk, die drie word weens die hoog­vat nie toe­ge­ken nie en hul­le kry kort daar­na se­we pun­te.

“Die Kings is 17-3 voor, ons be­gaan ’n fout op die aan­val en die voor­sprong is ewe skie­lik 22-3.

“Ons het tóé eers be­gin rug­by speel, maar jy kan nie so ver ag­ter raak in Su­per­rug­by nie.”

Ma­rais sê die ver­to­ning was ver­al te­leur­stel­lend ná ver­le­de Vry­dag­aand se se­ge oor die Haaie in Dur­ban.

“Ons het met te min struk­tuur in die eer­ste helf­te ge­speel en die y­wer op die aan­val was dalk met tye net te veel.

“Die bood­skap rus­tyd was om ge­bieds­voor­deel te kry en dan be­heer te neem. Ons het toe 20 on­be­ant­woor­de pun­te aan­ge­te­ken.”

Die blaps wat die Bul­le die duur­ste te staan ge­kom het, was toe Jan­nes Kir­sten, flank van die Bul­le, die bal van ’n hoë skop af na be­we­ring ge­raak het en dit op ’n vyf­me­ter-skrum uit­ge­loop het,

Met speel­tyd ver­stre­ke, het dit tot ’n straf­skop ge­lei wat die Kings se kap­tein, Li­o­nel Cron­jé, oor­ge­klits het.

Ma­rais was ag­ter­na dui­de­lik skep­ties oor die be­slis­sing.

“Het hy die bal ge­raak? Jan­nes het ’n goeie wed­stryd ge­had en ons moes nooit in die po­si­sie ge­wees het dat dít die uit­slag be­paal nie. Hy het een fout be­gaan, as hy wél die bal ge­raak het. Ek laat dit maar daar.”

Hy sê die Bul­le het nie die Baai­se span on­der­skat nie.

“Nee, ons het ge­weet die Kings gaan moei­lik wees. Maar ons het nou al vier wed­stry­de op Lof­tus ver­loor. Dit is nie iets waar­aan ek ge­woond is nie en dit is nie goed ge­noeg nie.”

Ma­rais was vol lof vir die Kings en Cron­jé se knap tak­tie­se spel.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die slot Ja­son Jen­kins seil oor die doel­lyn vir ’n drie in die Su­per­rug­by­stryd teen die Sout­hern Kings. Die geel­kaart waar­mee hy in dié krag­me­ting ge­straf is, was deur­slag­ge­wend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.