Kings wil op hoë noot koe­baai sê teen C­hee­tahs

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Voor­dat die Sout­hern Kings se nu­we a­von­tuur be­gin, wil hul­le die na­week op ge­pas­te wy­se – en vir ou­laas – hul on­der­steu­ners in die Baai se har­te warm speel, sê Deon Da­vids, dié span se af­rig­ter.

Dit is i­ro­nies dat die Kings en die C­hee­tahs, die twee span­ne wat die Su­per­rug­by-trek­pas ge­kry het, wat Vry­dag­aand in Port Elizabeth in die laas­te ron­de van die reeks teen me­kaar te staan kom.

“Ons het die sei­soen al ons doel­wit­te oor­tref en ons sal graag al die men­se wat ons tot die ein­de on­der­steun het, wil be­dank,” het Da­vids ge­sê na­dat die Kings die Bul­le Sa­ter­dag­aand op Lof­tus Vers­feld uit­oor­lê het.

Dit was die Kings se ses­de oor­win­ning in die reeks – ses meer as wat aan die be­gin van die sei­soen vir die span voor­spel is.

Da­vids het toe­ge­gee daar is baie on­se­ker­heid oor die paad­jie vo­ren­toe.

En dat die mees­te van 2017 se ster­re in al­le waar­skyn­lik­heid ver­lo­re is vir die u­nie.

“Dit is on­ge­luk­kig wat gaan ge­beur. En dit sal moei­lik wees om al­les weer van voor af in plek te kry.

“Maar wie weet, dalk gaan ons nou ’n vol­hou­ba­re struk­tuur kan ves­tig waar­mee ons die voor­ste s­pe­lers kan be­hou.”

Hy be­na­druk dit is be­lang­rik dat die waar­des en kul­tuur wat die sei­soen ge­ves­tig is, die toe­koms in­ge­vat word.

“Dit was ’n groot voor­reg om Su­per­rug­by te speel en die af­rig­ting­span en die s­pe­lers het baie ge­groei.

“Ons het iets spe­si­aals ge­skep en ’n om­ge­wing ge­ves­tig waar­in die s­pe­lers flo­reer het.”

Li­o­nel Cron­jé, die Kings se in­spi­re­ren­de kap­tein, is een van die s­pe­lers wat Vry­dag­aand groet.

Hy gaan vir Toyo­ta Ver­blitz in Ja­pan speel.

“Dit is werk­lik jam­mer. Ons kan eint­lik nie toe­laat dat sul­ke ta­lent­vol­le s­pe­lers soos Li­o­nel ver­lo­re gaan nie.

“Hy is ’n spre­ken­de voor­beeld van ’n spe­ler wat aan die be­gin van die sei­soen ’n ge­leent­heid ge­soek het en die bes­te daar­van ge­maak het.”

Cron­jé, wat 21 van die Kings se pun­te op Lof­tus aan­ge­te­ken het, sê hy sal graag in die toe­koms wil te­rug­keer om weer vir die Kings te speel.

“As die ge­leent­heid hom voor­doen, sal ek be­slis te­rug­kom Oos-Kaap toe.”

Chris Cloe­te, die span se klip­har­de bal­jag­ter, sal ook Vry­dag­aand af­skeid neem in die Baai.

Cloe­te het ’n kon­trak van drie jaar met die Ier­se klub Mun­ster be­klink.

Fo­to: GALLO IMAGES

Kings­v­reug­de op Lof­tus! Lu­ba­balo M­ty­an­da vier die Sout­hern Kings se oor­win­ning van 31­30 oor die Bul­le op Lof­tus Vers­feld met sy span­maat Chris Cloe­te op sy heup.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.