Lig­ste trek swaar­ste plat in oe­fe­ning

Beeld - - Front Page - Ru­an Bru­wer

Voor­rye wat op van­dees­week se Cra­ven­week vir o.13-span­ne in Bloem­fon­tein teen die Bo­land in die skrums sak, sal waar­skyn­lik in ’n koue sweet uit­slaan as hul­le sien teen wie hul­le te staan kom.

Op die los­kop is ’n bie­lie van ’n stut wat 100 kg weeg en aan die vas­kop een wat die skaal op 94 kg laat kreun.

Hen­drik van Vu­ren is op 100 kg amp­te­lik die groot­ste spe­ler op die toer­nooi. Hy is nog net 12 jaar oud. Nie te ver ag­ter nie is die 13-ja­ri­ge Je­an­dré Ver­meu­len op 94 kg.

Die Lim­po­po Blou Bul­le het dit al op die eer­ste dag in die skrums ont­geld en is só ver­rin­ne­weer dat Hen­drik ’n waar­sku­wing ge­kry het. Rug­by­re­ëls op sko­le­vlak be­paal ’n span wat in die skrums oor­heers, mag nie sy teen­stan­ders ver­der as 1,5 m skrum nie.

“Ons het lek­ker met hul­le in die skrums ge­hard­loop. Ons is ’n klomp keer deur die ref aan­ge­sê om op te hou skrum wan­neer ons by die een en ’n half me­ter ge­kom het, maar dan het ek nog so ’n bie­tjie aan­ge­hou. Hy het my ge­waar­sku hy gaan my af­stuur as ek daar­mee vol­hou. Ek het toe maar op­ge­hou,” het Hen­drik ge­sê.

Dié leer­ling van die La­er­skool Her­ma­nus is gou K­lein Ol­lie ge­doop in die Ro­se­stad, waar die oud-C­hee­tah Ol­lie le Roux woon.

Vol­gens hom het hy nog nie ge­skrum teen ie­mand wat gro­ter as hy is nie. Hen­drik en Je­an­dré sê hul­le volg nie ’n eet­plan of oe­fen nie in die gim­na­si­um met ge­wig­te dat dit klap nie.

Al­bei gee toe wat hul­le wel in oor- maat doen, is vleis eet: braai­vleis en ste­ak. Hen­drik het on­ge­veer 22 kg in die af­ge­lo­pe 18 maan­de aan­ge­sit en Je­an­dré se­dert No­vem­ber ver­le­de jaar 19 kg.

“Ek dink dis maar net van­weë die baie vleis,” sê Je­an­dré, wat aan die Cur­ro­skool Lan­ge­baan skool­gaan.

Vol­gens Hen­drik is dit ook in sy ge­ne. “My pa en ou­pa is al­bei groot, maar ek is gro­ter as wat hul­le op my ou­der­dom was.”

’n S­pan­maat wat nie die­self­de ge­ne het nie en pre­sies ’n der­de van hul ge­wig is, is die skrum­ska­kel Yu­din Mar­cus, wat net 31 kg weeg. Dié kna­pie van die Aug­s­burg-Land­bou­gi-mna­si­um in Clan­wil­li­am is die klein­ste spe­ler op die week.

En al ver­skil hy en Hen­drik 69 kg, het hy hom al in ’n oe­fe­ning plat­ge­trek. “Vat láág,” ver­klap Yu­din (1,4 m) is hoe hy dít ver­mag het.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die stut­te van die Bo­land, Je­an­dré Ver­meu­len (links, 94 kg) en Hen­drik van Vu­ren (100 kg) boe­sem be­hoor­lik vrees in by hul teen­stan­ders op van­dees­week se o.13­Cra­ven­week. Laas­ge­noem­de is die swaar­ste spe­ler op die toer­nooi. Ag­ter is hul s­pan­maat, Yu­din Mar­cus, wat net ’n der­de van hul groot­te is. Dié skrum­ska­kel weeg net 31 kg, die min­ste op van­jaar se toer­nooi. Go­li­ats en ’n Da­wid by o.13­week 94 kg 31 kg 100 kg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.