‘Wie is vol­gen­de?’

Daar’s ’n stra­te­gie en ’n plan, meen stig­ting

Beeld - - Neus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis News24

V­re­se dat die staat se veiligheidsinstellings deur mis­da­di­gers met ’n spe­si­fie­ke doel­wit ge­tei­ken word, het gis­ter kop uit­ge­steek na­dat by die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging se kan­toor in P­re­to­ria in­ge­breek is.

’n Week ge­le­de is by die Val­ke se hoof­kwar­tier in Sil­ver­ton in die stad in­ge­breek en in Maart is 15 re­ke­naars uit die hoof­reg­ter se kan­toor in Mid­rand ge­steel.

Ie­wers is daar ’n stra­te­gie en ’n plan, maar wie be­trok­ke is en wat die doel is, bly ’n ge­heim, sê die He­len Suz­man-stig­ting.

T­wee skoot­re­ke­naars is Son­dag­nag of Maan­dag in die vroeë og­gend­u­re in die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging se kan­toor ge­buit.

Lu­vu­yo M­fa­ku, woord­voer­der van die kan­toor, kon nie gis­ter sê waar of hoe die die­we by die ge­bou in­ge­kom het nie.

Kapt. Kay Mak­hu­be­le, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig dat ’n paar ven­sters ge­breek is, maar hul­le sal eers la­ter in die on­der­soek kan vas­stel of dít is hoe die die­we in­ge­kom het. ’n Be­trou­ba­re bron het eg­ter aan

ge­sê daar is by die kan­to­re van t­wee aan­kla­ers op die twee­de ver­die­ping in­ge­breek. Die t­wee aan­kla­ers, ad­vv. Jen­ni­fer Cron­jé en An­dré Fou­rie, se kan­to­re is skuins oor­kant me­kaar. So­wat 20 men­se werk op dié ver­die­ping.

Dis nie be­kend waar­om daar juis by dié t­wee se kan­to­re in­ge­breek is nie. Al wat weg is, is Cron­jé en Fou­rie se skoot­re­ke­naars, wat ou toe- rus­ting is. Die foon op Cron­jé se les­se­naar was om­ge­keer.

Die in­bre­ker(s) het ver­moe­de­lik aan die noor­de­kant van die ge­bou op­ge­klim en by ’n toi­let­ven­ster in­ge­kom.

B­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, die Val­ke se woord­voer­der, het ge­sê die in­braak ver­le­de week by die Val­ke se kan­toor in Sil­ver­ton en Maan­dag by die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol- ging se kan­toor kan nie ver­ge­lyk word nie.

Die po­li­sie on­der­soek gis­ter se in­braak en die Val­ke die in­braak by hul eie kan­toor.

Fran­cis An­to­nie, di­rek­teur van die He­len Suz­man-stig­ting, het gis­ter ge­sê dis on­rus­ba­rend dat staats­ge­boue so toe­gank­lik is.

“’n Mens kan nie help om te won­der wie vol­gen­de is nie. In ’n se­ke­re sta­di­um kan ’n mens se­ker nie sê dis luk­raak en toe­val­lig nie,” sê hy.

“Is dit ook nie vreemd dat daar geen in­heg­te­nis­ne­mings is nie?”

Die stig­ting het so­wat ’n jaar ge­le­de ook deur­ge­loop. Re­ke­naars met waar­de­vol­le in­lig­ting daar­op is ge­steel.

Die in­braak by die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging se kan­toor het aan die lig ge­kom op die dag dat M­fa­ku aan ge­sê het die kan­toor gaan moont­lik ein­de van­dees­maand be­sluit of ie­mand ver­volg gaan word oor die be­weer­de kor­rup­te kon­trak­te van mil­jar­de ran­de wat die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) toe­ge­ken het.

M­fa­ku sê die ge­spe­si­a­li­seer­de han­del­s­mis­daad­een­heid het meer as 60 dik leg­gers van die Val­ke ont­vang wat ver­band hou met straf­reg­te­li­ke on­der­soe­ke na Pra­sa se R3,5 mil­jard­kon­trak vir die ver­skaf­fing van lo­ko­mo­tie­we en kon­trak­te ter waar­de van R4 mil­jard vir vei­lig­heids­ver­wan­te pro­duk­te.

Die kon­trak wat in 2012 aan S­wi­fam­bo Rail Le­a­sing toe­ge­ken is, is on­langs deur die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ter­sy­de ge­stel.

Aan­kla­ers is ge­vra om teen ein­de Ju­lie aan die hoof van die een­heid ver­slag te doen oor of die on­der­soek af­ge­han­del is en of ’n be­sluit oor ver­vol­ging ge­neem is, sê M­fa­ku.

“Om in­lig­ting oor moont­li­ke ver­dag­tes of aan­klag­te te ver­strek, sal on­re­ël­ma­tig wees en in­breuk maak op moont­li­ke ver­dag­tes se reg­te,” sê hy.

Die ba­te­be­slag­leg­gings­een­heid in Jo­han­nes­burg werk nou met die Val­ke en die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE) saam, sê M­fa­ku.

Fran­cis An­to­nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.