Ma­pai­la sê nee vir SAKP se lei­ers­pos

Beeld - - Neus -

Al is Sol­ly Ma­pai­la, die SAKP se twee­de ad­junk-se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, ge­vra om hom ver­kies­baar te stel as se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, gaan hy dit “ter wil­le van par­ty-een­heid” nie doen nie.

Sy men­tor dr. Bla­de N­zi­man­de be­klee die pos tans.

Ma­pai­la het gis­ter op die eer­ste dag van die SAKP se ses dae lan­ge kon­fe­ren­sie in die Bi­rchwood-ho­tel in Boks­burg ge­sê hy en N­zi­man­de het ’n “on­breek­ba­re band”.

Hy het ge­sê dis be­treu­rens­waar­dig dat umK­hon­to weSi­z­we se ver­e­ni­ging van mi­li­tê­re ve­te­ra­ne (MKVA) be­sluit het om die kon­fe­ren­sie nie by te woon nie, maar die ANC se 101 ve­te­ra­ne sal die kon­fe­ren­sie wel toe­spreek.

Die MKVA boi­kot die kon­gres om­dat die SAKP wil hê Ja­cob Zu­ma moet as pre­si­dent van die land en die ANC be­dank.

Die MKVA het gis­ter ge­sê hul­le het be­sluit om die kon­gres nie by te woon nie oor die “on­ge­luk­ki­ge pad wat die SAKP in­ge­slaan het deur die goed ge­ves­tig­de tra­di­sie te ver­ont­ag­saam dat al­li­an­sie­ven­no­te nie aan me­kaar voor­skryf oor in­ter­ne or­ga­ni­sa­to­rie­se kwes­sies nie en aan die ANC pro­beer voor­skryf wie sy pre­si­dent be­hoort te wees”.

Die MKVA is ook on­te­vre­de oor die SAKP se be­sluit om die vak­ver­bond Co­sa­tu se be­sluit te on­der­steun dat Zu­ma nie op sy by­een­koms­te sal op­tree nie.

Co­sa­tu het dié be­sluit ge­neem na­dat lid­or­ga­ni­sa­sies se le­de Zu­ma op hul Wer­kers­dag-saam­trek in Mei in Bloem­fon­tein uit­ge­jou en ge­kog­gel het.

Die SAKP het Zu­ma ver­hin­der om hul 14de na­si­o­na­le kon­gres toe te spreek en die re­ge­ren­de par­ty ge­vra om ’n an­der se­ni­or lid in Zu­ma se plek te stuur.

“Die MKVA ver­troe­tel die drie­le­di­ge al­li­an­sie, maar ons meen dit is van deur­slag­ge­wen­de be­lang dat die SAKP en Co­sa­tu te­rug­keer na die grond­be­gin­sels wat van die al­li­an­sie so ’n groot suk­ses en for­mi­da­be­le mag in ons be­vry­ding­stryd ge­maak het,” skryf Carl Nie­haus, ’n na­si­o­na­le uit­voe­ren­de lid en woord­voer­der van die MKVA.

Carl Nie­haus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.