ANC gaan voort met plan om net 6 pro­vin­sies te hê

Beeld - - Neus -

Die ANC gaan on­danks be­swa­re van die op­po­si­sie vol­stoom voort met sy plan­ne om pro­vin­sies te her­skik om dit min­der te maak.

Op die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie ver­le­de week is ge­vra dat ’n pre­si­den­si­ë­le kom­mis­sie hier­voor aan­ge­stel word en dat sy werk af­ge­han­del word voor die par­ty se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber. Die ANC het op sy ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in 2007 by Po­lo­kwa­ne be­sluit om die ge­tal pro­vin­sies van ne­ge na ses te ver­min­der. Die par­ty het toe ge­sê dit sal help om diens­le­we­ring te ver­be­ter.

Die par­ty het weer in 2015 so ’n kom­mis­sie ge­vra, maar dit het nie ge­beur nie.

Die op­po­si­sie het die ANC toe daar­van be­skul­dig dat hy die pro­vin­sies wil ver­min­der om aan die be­wind te bly. Die ANC het se­dert 2009 deur­lo­pend min­der stem­me in ver­kie­sings ge­kry.

O­bed Ba­pe­la, ’n lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee, het gis­ter ge­sê die kom­mis­sie sal die pro­vin­sies se mag­te en funk­sies ook be­kyk in die lig van mu­ni­si­pa­li­tei­te se mag­te en funk­sies.

Die be­sluit is ge­mo­ti­veer deur die kon­sen­tra­sie van hulp­bron­ne op pro­vin­si­a­le vlak, ter­wyl die mees­te diens­le­we­ring op mu­ni­si­pa­le vlak ge­skied en het niks te doen met die ver­kie­sing in 2019 nie, sê hy. .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.