Ons is nie te koop, sê Keb­by

Beeld - - Neus - – News24

Dis ’n “bla­tan­te leu­en” dat die B­rit­se ska­kel­maat­skap­py Bell Pot­tin­ger me­di­a­ver­kla­rings vir umK­hon­to weSi­z­we se ve­te­ra­ne­ver­e­ni­ging (MKMVA) ge­skryf het met be­grip­pe soos “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” wat hy uit­ge­dink het daar­in.

“Ons is nie te koop nie,” sê Keb­by Map­hat­soe, ad­junk­mi­nis­ter van mi­li­tê­re ve­te­ra­ne en lei­er van die MKMVA. Hy het ge­re­a­geer op be­rig­te dat die #Gup­taLe­aks-e-pos­se dit aan die lig ge­bring het dat die ska­kel­maat­skap­py die ANC-jeug­li­ga en die MKMVA ge­help het met veld­tog­te om kri­ti­ci van die Gup­ta-fa­mi­lie en pres. Ja­cob Zu­ma in on­eer te bring.

“’n Bui­te­land­se ska­kel­maat­skap­py hoef ons nie oor ons eie er­va­rings te ver­tel nie. Be­we­rings van hier­die aard is ui­ters be­le­di­gend, neer­bui­gend en ras­sis­ties. Dit is ’n kwaad­wil­li­ge po­ging om die MKMVA te on­der­myn.”

Ja­mes Hen­der­son, hoof van Bell Pot­tin­ger, het ver­le­de week om ver­sko­ning ge­vra vir die werk wat die maat­skap­py vir Du­du­za­ne Zu­ma, een van Zu­ma se seuns, die Gup­ta­fa­mi­lie en Oak­bay In­ves­t­ments ge­doen het.

Map­hat­soe sê die Suid-A­fri­kaan­se Kom­mu­nis­tie­se Par­ty (SAKP) en die ANC ge­bruik al de­ka­des lank die be­grip­pe “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” en “ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.