‘Su­ni­ta, jy was prop­vol kleur’

Beeld - - Neus - May­ge­ne de Wee Lees die vol­le­di­ge brief deur die ska­kel te volg van­af Net­werk24 na Hugo se blog.

“Ek wil hê die wê­reld moet weet dat die me­dia ’n git­swart prent­jie van jou skil­der ter­wyl jy prop­vol kleur was. Jou murg was soos ’n re­ën­boog. En as ’n mens na­by ge­noeg kon kom, was daar ho­pe goud om ge­vind te word. Goud wat jy so mak­lik uit­ge­deel het.”

So het Elana Hugo, ’n ja­re lan­ge vriendin van Su­ni­ta van Dyk, haar Son­dag in ’n blog be­skryf.

Su­ni­ta en haar man, Ja­c­ques, is op 10 Mei in hul bran­den­de huis op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton dood.

Ja­c­ques se fa­mi­lie het ’n pri­va­te speur­der aan­ge­stel om uit te vind of e­ni­ge mis­daad ge­pleeg is wat die eg­paar se dood ver­oor­saak het.

Hugo, wat nou in K­waZu­luNa­tal woon, het die blog op Word­press ge­ti­teld “Moe­der­taal, Lie­we Soens” ge­skryf.

Sy skryf dat t­wee maan­de reeds ver­by is, dat so baie ge­beur het en dat sy heel­te­mal ont­wor­tel het in die Wes-Kaap.

Vol­gens Hugo be­vind sy haar nou in K­waZu­lu-Na­tal, weg van die “so­ne van nuus” oor Van Dyk.

“Ie­wers waar ek nie ge­bom­bar­deer word met jou be­rugt­heid nie. Waar ek net kan pro- ses­seer dat jy vir al­tyd weg is. Kan treur. En jou kan ont­hou vir wie jy reg­tig was.”

Sy skryf sy wens dat sy Van Dyk se le­ga­cy kan be­skerm.

“Ek wens ek kon jou fou­te met ’n MonA­mi-uit­ve­ër uit­wis, maar dis as­of die wê­reld hul­le met ‘Art­li­ne70’ in­kleur.

“Kom ek en jy wees gou eer­lik met me­kaar: Hier­die is nie wie jy was nie. Die laas­te paar maan­de van jou le­we het jou spran­kel uit­ge­doof. Ek wens ek was meer pre­sent. Ek wens ek het meer no­ti­sie ge­neem.

“Kind, ek ver­lang na lag saam met jou.”

Hugo skryf ook dat Van Dyk se fou­te haar nie de­fi­ni­eer nie.

“Nie vir een van ons wat na aan jou was nie. Ons het jou hart so goed ge­ken om­dat jy nie van hom ’n moord­kuil ge­maak het nie.” Vol­gens Hugo kan sy nie min­der om­gee oor die “af­fair” nie. “Ek wens hul­le kon net vir ons fei­te gee van wat met jou en Ja­c­ques ge­beur het. Hoe de­al ons met hier­die trau­ma? Is ons vrien­de dood in ’n frats­on­ge­luk? Het ons vriend ons vriendin ver­moor? Of is hul al­bei ver­moor?

“Wie ver­ge­we ons? Wie moet ons vry­spreek? Dis al wat ons wil weet.” Sy skryf dat sy “’n veer voel” oor wat Van Dyk in haar per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid vir haar vrien­din­ne geW­hat­sApp het, en nog min­der oor wat sy en haar man in ’n “su­per­moei­li­ke” tyd in hul hu­we­lik vir me­kaar in bood­skap­pe ge­stuur het. “Dit het net mooi niks met my te doen nie. Ek wil so graag jul pri­vaat­heid ho­nour, maar daar’s niks wat ons kan doen nie. Dit is wat dit is.” Vol­gens Hugo se blog was Ja­c­ques “’n ab­so­lu­te champ”. “Al wat ek poog om nou ver­der te doen is om, pa­ral­lel met hier­die klomp vies­li­ke sto­ries, die mooi van wie jy was te ver­sprei en te ge­sels oor wat ’n ab­so­lu­te champ jou man was. Hy was ’n goed­har­ti­ge, lief­li­ke mens met so­veel lank­moe­dig­heid. “Ek het nou die dag sit en dink: Ek kan let­ter­lik nie aan een keer dink dat ek ooit vir Ja­c­ques ge­ïr­ri­teerd, ge­frus­treerd of kwaad ge­sien het nie (en ek ken hom al van­dat ons 14 jaar oud is). Wel, o­kay ... dalk was hy soms ge­frus­treerd met hoe die Bok­ke ge­speel het.” )

Die laas­te paar maan­de van jou le­we het jou spran­kel uit­ge­doof. — ELANA HUGO

Fo­to: FACEBOOK

Elana Hugo het hier­die fo­to van Su­ni­ta en Ja­c­ques van Dyk op 10 Mei op haar Facebook­blad ge­plaas. Een se kom­men­taar het ge­lui: “Dis hoe ek vir Su­ni­ta sal ont­hou, al­tyd met ‘n glim­lag op haar ge­sig.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.