Pa­nayi­o­tou ‘klink of hy ’n bur­ger be­stel’ in vi­deo

Beeld - - Neus - O­det­te Par­fitt

Sy kon nie die op­ge­won­de brui­de­gom wat be­loof het om sy bruid vir e­wig te be­skerm, ver­een­sel­wig met die man wat oor haar moord praat “as­of hy ’n ham­bur­ger be­stel” nie.

Deb­bie God­frey was in die hoog­ge­regs­hof toe die ge­hei­me op­na­me ver­toon is waar­in Chris­to­pher Pa­nayi­o­tou glo die huur­moord op sy vrou, Jay­de, met Lut­han­do Siyo­ni, die ver­meen­de mid­del­man, be­spreek.

Pa­nayi­o­tou en sy me­de­be­skul­dig­des, Si­net­hem­ba Ne­nem­be en Zo­la­ni Si­be­ko, staan te­reg op aan­klag­te van sa­me­swe­ring tot moord, ont­voe­ring, roof en moord.

God­frey, wat Jay­de leer ken het toe sy ge­troud was met Pa­nayi­o­tou se klein­neef, het die blad “Jus­ti­ce for Jay­de” op Facebook be­gin.

“Ek het die vi­deo al oor en oor ge­kyk om te pro­beer ver­staan hoe ie­mand wat so lief­de­vol teen­oor sy vrou was so har­te­loos kon word soos wat hy vir my in die vi­deo voor­kom.

“Die woe­de wat in jou hart ont­staan, is on­ge­loof­lik. Hy het ge­klink as­of hy ’n sa­ke­tran­sak­sie be­klink of ’n ham­bur­ger be­stel.”

God­frey sê haar hart het aan­vank­lik “ge­breek vir hom, en as men­se be­spie­gel het dat hy be­trok­ke was. Hy was ’n jong, bor­re­len­de mens en wou graag suk­ses be­haal.”

Vir Jay­de het sy net lof. “Sy was ’n beeld­sko­ne mens wat haar he­le hart ge­gee het in al­les wat sy ge­doen het. Sy het al­tyd ge­sê wat sy dink en het baie tyd vir kin­ders ge­had. Ek dink sy sou ’n won­der­li­ke ma ge­wees het, maar dié ge­leent­heid is haar ont­neem.”

Jay­de het ’n noue band met God­frey se dog­ter, T­ha­lia (10), ge­had.

“Toe haar lyk ge­vind is, het ek vir T­ha­lia ge­sê sy was in ’n on­ge­luk en dat God be­sluit het dit was Jay­de se tyd.

“Die vol­gen­de dag het sy van die skool af te­rug­ge­kom waar sy by vrien­de daar­van ge­hoor het en wou weet hoe­kom ek ge­jok het. Toe sê ek vir haar daar is sleg­te men­se in die wê­reld wat dit aan Jay­de ge­doen het,” sê God­frey.

“Jay­de se na­la­ten­skap mag nooit sterf nie; dit is waar­om ek die Facebook-blad be­gin het. ’n Deel van my wens eg­ter die le­li­ke deel kan nou ver­by wees.”

T­ha­lia swyg eers toe sy oor Jay­de ge­vra word. Dan ver­dwyn sy en keer te­rug met ’n vel pa­pier, met een sin­ne­tjie daar­op ge­skryf: “Sy was die bes­te mens ter wê­reld.”

Fo­to: LULAMA ZENZILE

Deb­bie God­frey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.