S­te­ve se Romy­lee op eer­ste va­kan­sie

Beeld - - Neus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

S­te­ve en Ja­ni­ne Hof­meyr het gis­ter vir hul eer­ste va­kan­sie saam met hul drie we­ke oue ba­ba­dog­ter­tjie, Romy-lee, ver­trek.

Op ’n fo­to wat S­te­ve gis­ter op sy Facebook-blad ge­plaas het, lê k­lein Romy-lee snoe­sig toe­ge­draai in ’n pienk kom­ber­sie op die gras­perk by hul huis. “An­da­le­ne­tak­bok­kie kom groet,” het S­te­ve by die fo­to ge­skryf. Die tak­bok is al lank deel van die Hof­meyrs se le­we by hul huis in Gau­teng.

Dit is vir hom ’n spe­si­a­le fo­to wat hy vir Romy-lee kan wys wan­neer sy ou­er is. Hy sê hul­le het ge­wag vir Romy-lee se “der­de week op aar­de” voor­dat hul­le vir ’n kort va­kan­sie weg­breek.

Hy het ook aan sy aan­han­gers op Facebook ge­sê dit lyk of sy dog­ter­tjie van stap hou – “haar kop teen my bors, ge­sel­send, om en om die erf”. S­te­ve sê om sy ge­sin se pri­vaat­heid te be­skerm, gaan hy nie ver­klap waar of vir hoe lank hul­le gaan uit­span nie.

Ja­ni­ne het ver­le­de week op Facebook ge­koer oor Romy-lee. “Ek pro­beer nog woor­de kry om die ge­voel in my hart te be­skryf, maar ek be­sef dis on­moont­lik. Sy is vir my die mooi­ste, fyn­ste k­lein en­gel­tjie op aar­de en ek sê dit som­mer ge­reeld.

“My le­we is nou vol­maak en ek is dié ge­luk­kig­ste vrou op aar­de. Die man van my dro­me . . . daar’s niks meer wat my hart be­geer nie. Romy-lee, my prin­ses­sie, jou mam­ma het so lank vir jou ge­wag – ek sal jou op­pas met my le­we en jou in oor­vloed lief­hê tot in leng­te van dae.”

S­te­ve Hof­meyr se ba­ba­dog­ter­tjie, Romy­lee, na­by die mak tak­bok, An­da­le­ne, by hul huis in Gau­teng.

Fo­to: FACEBOOK

Romy­lee Hof­meyr, S­te­ve Hof­meyr se ses­de kind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.