Sy ‘loop rond met man van an­der skool’, be­weer hoof

Beeld - - Neus - May­ge­ne de Wee Net­werk24

Su­ni­ta van Dyk (32) het die aand van 29 A­pril in Kim­ber­ley “saam met ’n man van ’n an­der skool rond­ge­loop”, het Da­nie le Roux, hoof van die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um, gis­ter in ’n W­hat­sApp-bood­skap aan

ge­sê. Le Roux en Su­ni­ta, ’n on­der­wy­se­res en net­bal­af­rig­ter by die skool, het rug­by- en net­bal­span­ne na die Wil­de­kla­wer-toer­nooi ver­ge­sel.

’n Vriendin van Su­ni­ta het by na­vraag ge­sê daar wás ’n ver­hou­ding tus­sen Su­ni­ta en Le Roux – “daar­van kan niemand weg­kom nie”.

“Maar ek kan on­om­won­de sê dat Su­ni­ta met niemand an­ders ’n ver­hou­ding ge­had het nie.”

Le Roux het in die W­hat­sApp­bood­skap ge­sê hy was nie die aand van 29 A­pril saam met Su­ni­ta uit die kos­huis waar hul­le in Kim­ber­ley ge­bly het nie.

Vroe­ër is be­rig dat Su­ni­ta een nag in Kim­ber­ley “net ver­dwyn” het en nie daar was toe sy tus­sen 02:00 en 03:00 na ’n siek kind moes om­sien nie. Sy het glo ’n uur la­ter in Le Roux se ge­sel­skap daar aan­ge­kom.

Le Roux sê hy het drie man­li- ke kol­le­gas wat kan ge­tuig dat hy dié aand nie uit die kos­huis was nie.

“Ek was nie die be­trok­ke nag uit die kos­huis uit nie. Het drie man­li­ke kol­le­gas wat daar­van kan ge­tuig. Sy het rond­ge­loop saam met ’n man van ’n an­der skool,” lui sy bood­skap.

Su­ni­ta en haar man, Ja­c­ques (30), is op 10 Mei in hul huis op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton in ’n brand dood.

Van Dyk se fa­mi­lie het kort daar­na ’n pri­va­te speur­der aan­ge­stel om die om­stan­dig­he­de waar­in die t­wee dood is, te on­der­soek.

Da­nie le Roux en Su­ni­ta van Dyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.