‘S­ka­de net te groot’

Baie gaan weens sy dood werk ver­loor

Beeld - - Neus - Su­san Cil­liers

Dit is ’n ramp dat ’n ge­lief­de pa, ou­pa en ge­sins­man, wat baie ja­re lank werk aan tal­le men­se ver­skaf het, in ’n plaas­aan­val ver­moor is.

So het Ko­bus van Rens­burg gis­ter­mid­dag oor die skiet­dood van sy swa­er, D­ries (Blou­bul) Bo­tha, ge­sê.

Bo­tha (58) is Son­dag om­streeks 20:00 in die Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg dood.

Hy is ver­le­de Dins­dag op sy plaas, K­lip­kop, so­wat 20 km bui­te Brits, oor­val en vyf keer ge­skiet.

Hy is on­der meer in die bo­lyf ge­tref en het daar­die aand ’n nood­o­pe­ra­sie in die Brits Me­di­cli­nic on­der­gaan om die s­ka­de aan sy in­ge­wan­de te her­stel.

Hy was se­dert­dien aan ’n a­sem­ha­lings­toe­stel ge­kop­pel en moes nier­di­a­li­se on­der­gaan.

Vol­gens Van Rens­burg is sy swa­er Son­dag­mid­dag per he­li- kop­ter oor­ge­plaas na die Mil­park-hos­pi­taal, waar hy weer ge­o­pe­reer is.

“Sy hart het t­wee keer gaan staan en hy het in die te­a­ter ge­sterf. Die s­ka­de was net te groot en sy or­ga­ne het in­ge­gee.”

Van Rens­burg sê D­ries se vrou, D­rie­ka, is sterk en sê sy het ge­doen wat sy kon om haar man se le­we te red. Sy was ge­du­ren­de die aanval in die huis en het die sko­te bui­te hoor. Sy het hul buur­man, Oc­kert Wer­ner, ge­bel.

Wer­ner was eer­ste op die to­neel, maar die ro­wers het toe reeds ge­vlug na­dat D­ries, on­danks sy vyf skiet­won­de, ver­be­te teen hul­le ba­klei het.

“Hy was sterk en fiks en het waar­skyn­lik D­rie­ka se le­we ge­red,” sê Van Rens­burg.

Bo­tha het om­streeks 20:00 uit­ge­gaan om ’n a­larm aan te ska­kel. Die aan­val­lers, wat on­be- kend is aan die Bo­tha-ge­sin, het moont­lik ge­skrik toe die a­larm af­gaan.

Van Rens­burg meen die af­skaf­fing van kom­man­do’s het daar­toe ge­lei dat die toe­pas­sing van reg en or­de ag­ter­uit­ge­gaan het.

“Die re­ge­ring sien nie na sy men­se om nie. Die ANC moet be­sef dis ’n ramp wat voed­sel­se­ker­heid be­dreig. Selfs bui­te­lan­ders kom maai ons nou af. Men­se gaan eie reg be­gin ge­bruik.”

Van Rens­burg sê D­rie­ka sal waar­skyn­lik nie voort­gaan met die boer­de­ry nie en die plaas ver­koop.

“D­ries het aan baie men­se werk ver­skaf. Nou gaan hul­le ook hul werk ver­loor. Hy was ’n goeie ou wat hard ge­werk het.’’

Se­we ver­dag­tes is in­tus­sen na­by Hart­bees­poort vas­ge­trek. Die mans, on­der wie Zim­bab­wi­ërs, word van moord aan­ge­kla, het ao. M­pei­le T­ha­la­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Brits, ge­sê. Hul­le is in aan­hou­ding en ver­skyn weer op 28 Ju­lie in die land­dros­hof in Brits. ) Bo­tha word Vry­dag 14:00 uit die NG kerk Sand­drift na­by Brits be­gra­we. Hy laat sy vrou, hul drie vol­was­se kin­ders, Ma­rié, A­dél­le en D­ries, en drie klein­kin­ders ag­ter.

Bo­tha was be­kend vir die Blou­bul-pad­stal wat hy na­by sy plaas be­dryf het.

Fo­to: FACEBOOK

D­ries Bo­tha en sy vrou, D­rie­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.