Hom­mel­tuig teen plaas­aan­val­lers ge­bruik

Beeld - - Neus - Su­san Cil­liers

Boe­re in die S­chwei­zer-Re­ne­ke­om­ge­wing in Noord­wes gaan bin­ne­kort ’n hom­mel­tuig ge­bruik om slag­of­fers van plaas­aan­val­le gou­er te kan help en aan­val­lers vas te trek.

Ja­c­ques Jor­daan, een van die boe­re aan die stuur van dié plan, sê hul­le het reeds meer as die helf­te van die so­wat R240 000 wat hul­le no­dig het vir die hom­mel­tuig as sken­kings van men­se in die ge­meen­skap ont­vang.

“Ons het ná die moord op tan­nie El­sa Eras­mus (so­wat t­wee we­ke ge­le­de) be­sef ons kan meer doen as ons toe­rus­ting met nag­sig het wat ook lig­gaams­hit­te kan i­den­ti­fi­seer.”

Eras­mus (74) se lyk is eers ’n dag na­dat sy op haar plaas na­by A­ma­lia ver­moor is, ge­vind. Haar moor­de­naars het haar van haar plaas­huis ont­voer en ver­moe­de­lik el­ders op die plaas dood­ge­skiet. Po­li­sie- en pri­va­te he­li­kop­ters het na haar ge­soek voor­dat haar lyk uit die lug ge­sien is. Dié soek­tog kon eg­ter net in dag­lig ge­doen word.

Jor­daan sê as hul­le nag­sig­toe­rus­ting ge­had het, sou hul­le Eras­mus dalk nog le­wend kon op­spoor en die aan­val­lers kon vas­trek. Toe Eras­mus se bak­kie waar­in die moor­de­naars ge­vlug het, ge­vind is, was dit nog warm bin­ne – haar aan­val­lers het ver- moe­de­lik daar­in ge­slaap.

“’n Hom­mel­tuig met nag­sig­toe­rus­ting wat sen­si­tief is vir hit­te, sou hul­le waar­skyn­lik kon vind,” sê Jor­daan.

Niemand is nog vas­ge­trek weens die aanval en moord nie.

Vol­gens Jor­daan is ’n hom­mel­tuig nie so duur nie, maar wel die nag­sig­toe­rus­ting wat daar­aan vas­ge­sit word. “Hom­mel­tuie kan vir baie ver­skil­len­de be­hoef­tes ge­bruik word af­han­gen­de van die soort toe­rus­ting wat jy daar­op sit,” sê Jor­daan.

“Boe­re ge­bruik dit by­voor- beeld om hul bees­te te tel.”

Jor­daan sê as meer geld ge­skenk word as wat no­dig is vir die hom­mel­tuig, sal dit ge­bruik word om nóg vei­lig­heids­toe­rus­ting soos koe­ël­vas­te baad­jies te koop.

In min­stens t­wee van die ses plaas­aan­val­le die af­ge­lo­pe drie maan­de in Noord­wes het boe­re en A­friForum-le­de die po­li­sie ge­help om ver­dag­tes vas te trek.

Jor­daan sê boe­re het on­langs weer in ’n ka­pings­ge­val by di­a­mant­del­we­rye in Noord­wes ge­help om paaie toe te maak. “Die mis­da­di­gers moes deur lan­de vlug en is daar vas­ge­trek.

“Die tuig sal ook in an­der nood­ge­val­le ge­bruik kan word.”

Boe­re in die S­chwei­zer­Re­ne­ke­om­ge­wing gaan ’n hom­mel­tuig soort­ge­lyk aan dié een aan­skaf in die stryd teen plaas­aan­val­lers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.