Re­nos­ter­ho­ring on­der voer­tuig ge­kry

Beeld - - Neus - – Ja­na B­rey­ten­bach

Ná ’n skie­te­ry op die R40 bui­te M­bom­be­la (Nel­spruit) tus­sen die po­li­sie en ver­meen­de re­nos­ter­stro­pers is be­slag ge­lê op ’n ho­ring van by­na R500 000.

Kapt. Di­neo Lu­cy Sek­go­to­di, Val­ke-woord­voer­der in M­pu­ma­lan­ga, sê le­de van die po­li­sie se hon­de-een­heid, K9, het in­lig­ting ont­vang oor ’n ver­dag­te rooi voer­tuig wat van K­waZu­lu-Na­tal na M­pu­ma­lan­ga ry.

Die voer­tuig is op die R40 tus­sen Bar­ber­ton en M­bom­be­la op­ge­merk.

Le­de van die K9-een­heid het die voer­tuig voor­ge­keer en vyf ver­dag­tes het uit­ge­klim en da­de­lik op die po­li­sie be­gin skiet.

Net t­wee van die vyf ver­dag­tes is in heg­te­nis ge­neem, sê Sek­go­to­di.

“Die ho­ring van ’n swart­re­nos­ter is on­der die voer­tuig ge­vind. Dit was met ko­per­draad vas­ge­maak.”

Die ho­ring weeg 4,86 kg en het ’n ge­raam­de straat­waar­de van R490 000. Daar word ver­moed dat die ho­ring in Ulun­di, K­waZu­lu-Na­tal, ge­stroop is.

Die t­wee ver­dag­tes, on­der­skei­de­lik 33 en 44, sal van­dag in die land­dros­hof in M­bom­be­la ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.