Seun dood­ge­ry by on­klaar mo­tor

Beeld - - Neus -

’n Pa het hul­pe­loos toe­ge­kyk hoe sy seun dood­ge­ry word toe hy aan­ko­men­de mo­to­ris­te wou waar­sku toe hul mo­tor on­klaar ge­raak het.

’n Pa­ra­me­di­kus wat van diens af was het Son­dag­aand kort ná 18:00 op die N3 na­by die Mar­l­boro-af­rit in Jo­han­nes­burg ge­ry toe hy op die on­ge­luks­to­neel af­kom, sê Nick Dol­l­man, woord­voer­der van Ne­t­ca­re911.

’n Man het op die on­ge­luks­to­neel ge­sit en huil en ge­sê hul mo­tor het on­klaar ge­raak.

Sy seun het toe met ’n flits­lig ge­staan om mo­to­ris­te te waar­sku, maar ’n aan­ko­men­de voer­tuig het hom ge­tref.

Die pa­ra­me­di­kus, wat in­tus­sen nog hulp in­ge­roep het, het nood­be­han­de­ling op die seun toe­ge­pas, maar hy het op die to­neel aan sy be­se­rings be­swyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.