E­land­bul gaf­fel boer (83) erg in paar­tyd

Beeld - - Neus - Mol­ly G­reen

’n “Mak” e­land­bul het ’n be­jaar­de Goud­veld­se boer van die plaas The Prai­rie na­by Wel­kom tot in die hos­pi­taal ge­gaf­fel.

F­ritz Be­zui­den­hout (83) se reg­ter­been is op t­wee plek­ke ge­breek en vyf van sy rib­bes is af.

Hy word in die waak­een­heid van die Me­di­cli­nic Wel­kom be­han­del en sal waar­skyn­lik van­dag ge­o­pe­reer word.

Cam­bro (3), ’n Li­vings­to­neel­and wat so­wat 800 kg weeg, is hans groot­ge­maak.

Hy het Be­zui­den­hout by­kans drie jaar ge­le­de R30 000 uit die sak ge­jaag.

Be­zui­den­hout se vrou, El­sa, sê dit is nou paar­tyd. Cam­bro is die al­fa­bul en hy wou sy ge­bied af­ba­ken.

T­wee van sy na­ko­me­lin­ge het rooi hak­ske­ne en Cam­bro was ag­gres­sief. Hy wil be­wys hy is die baas van die plaas.

Be­zui­den­hout en Frans Coet­zer, sy swa­er van P­re­to­ria, wou Cam­bro in ’n an­der kamp jaag.

Hul­le het hul­le eg­ter met die bul se ag­gres­sie mis­re­ken.

Ri­co San­tos, die ver­loof­de van die Be­zui­den­houts se klein­dog­ter, El­sa­bé, sê die bul moes met wor­tels van Be­zui­den­hout af weg­ge­lok word. Die bul het op die be­seer­de Be­zui­den­hout ge­trap.

Be­zui­den­hout se seun, An­dré, het die nood­diens­te ge­bel en hy is per am­bu­lans na die hos­pi­taal ge­bring waar hy ge­sta­bi­li­seer is.

Be­zui­den­hout was so­wat 25 jaar lank pre­si­dent van die Wel­kom­se Land­bou­ge­noot­skap.

Hy ge­bruik Cam­bro vir teel­doel­ein­des.

“’n Mens maak nie so ’n duur bul van kant nie,” sê hy.

Cam­bro, die “mak” e­land­bul wat sy ei­e­naar, F­ritz Be­zui­den­hout, aan­ge­val het. Hy word vir teel­doel­ein­des ge­bruik en het R30 000 ge­kos.

Fo­to: MOL­LY G­REEN

F­ritz Be­zui­den­hout word in die waak­een­heid van die Me­di­cli­nic Wel­kom be­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.