Soek­tog na leeus by N4 in M’lan­ga

Beeld - - Neus - – A­let Jou­bert

Die par­ke­raad van M­pu­ma­lan­ga het met ’n uit­ge­brei­de soek­tog be­gin na­dat vier leeus gis­ter­og­gend glo na­by Boul­ders in die Ma­ra­val­lei langs die N4 ge­sien is.

“Ons werk met die Kru­ger­wild­tuin en die po­li­sie­diens saam,” sê Jo­han­nes No­bun­ga, be­stuurs­hoof van M­pu­ma­lan­ga se toe­ris­me-en-par­ke-a­gent­skap (MPTA).

Hy sê se­dert die leeus vroeg­og­gend op­ge­merk is, was daar nie weer ’n te­ken van hul­le nie.

Hy het ’n be­roep op die ge­meen­skap en ver­al boe­re in die om­ge­wing ge­doen om in­lig­ting te ver­skaf oor waar die leeus hul­le be­vind deur 083 626 6792 te ska­kel.

In Mei is vier jong leeu­man­ne­tjies na­by Ko­ma­ti­poort op­ge­spoor na­dat hul­le uit die Kru­ger­wild­tuin ont­snap en ’n bees ge­vang het.

’n Vyf­de leeu waar­na ge­soek is, is nooit op­ge­spoor nie, maar we­ten­skap­li­kes van die wild­tuin meen dat hy op sy eie te­rug­ge­keer het.

Fo­to: A­LET JOU­BERT

Een van die vier leeus wat in Mei na­by Ko­ma­ti­poort op­ge­spoor is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.