Wal­vis swem ‘soos pik­ke­wyn’

Beeld - - Neus - – El­sa­bé Brits Vi­deo by http://bit.ly/2t6bRiM

’n Vi­deo-op­na­me wat aan die Wes-Kaap­se kus ge­maak is, wys vir die eer­ste keer hoe ’n bog­gel­rug­wal­vis net soos ’n pik­ke­wyn sy vin­po­te ge­bruik om mee te swem pleks van sy reu­se­stert­vin.

Dié be­son­der­se vi­deo-op­na­me is ge­maak deur dr. Pa­o­lo Se­g­re en prof. Je­re­my Gold­bo­gen van die U­ni­ver­si­teit van S­tan­ford en hul Suid-A­fri­kaan­se kol­le­gas.

Se­g­re het by na­vraag in ’n e-pos­bood­skap ge­sê hul­le be­stu­deer die laas­te paar jaar groot groe­pe wal­vis­se in die wa­ter wes van Kaap­stad. Sul­ke “su­per­groe­pe” het tus­sen 50 en 200 bog­gel­rug­wal­vis­se.

Die on­ge­wo­ne waar­ne­ming is gis­ter in die vak­joer­naal Cur­rent Bi­o­lo­gy ge­pu­bli­seer.

Ser­ge sê wal­vis­se ge­bruik hul reu­se­stert­vin­ne om te swem juis om­dat hul­le so groot is. Maar nou het hul­le ’n vi­deo-op­na­me waar ge­sien kan word hoe ’n bog­gel­rug­wal­vis sy vin­po­te ge­bruik om vo­ren­toe te be­weeg.

Nor­maal­weg word die vin­po­te net ge­bruik om mee te stuur.

Ser­ge sê hul­le het ty­de­li­ke vi­de­o­ka­me­ras met suig­dop­pies aan van die wal­vis­se vas­ge­sit om­dat hul­le wou sien hoe die die­re on­der wa­ter be­weeg. )

Fo­to: CUR­RENT BI­O­LO­GY

Na­vor­sers het vir die heel eer­ste keer ge­sien hoe ’n bog­gel­rug­wal­vis sy vin­po­te ge­bruik om mee te swem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.