Lief­de wat jy vo­ren­toe kan uit­deel

Beeld - - Kommentaar -

‘Stil­te: Wan­neer die wê­reld se ge­raas om jou weg­raak en net jou hart se rit­me tik, sal stil­te soos ’n vro­li­ke skoen­lap­per sag­gies in jou siel kom sit.”

Dit was met hier­die een­vou­di­ge ge­dig van my wat ek op 12 Maart 2013 op Facebook ge­plaas het dat ek vir Ma­ria du Plooy ont­moet het.

“Ab­so­lu­te rus vir my siel!” was haar kom­men­taar on­der­aan hier­die woord­ge­dag­te van my.

Toe be­skryf my ge­dig ’n ge­veins­de glim­lag: “die lye in jou oë wat bo jou glim­lag uit­swel, het vir my die sto­rie van jou hart se kruis ver­tel en ek het ge­weet: ê­rens in oop vel­de on­der die wit glim­lag van ’n sil­wer se­kel­maan tjank ’n jak­kals soms op ’n lang ver­la­te noot . . .”

“Prag­tig, skryf voort!” het Ma­ria se kom­men­taar blit­sig op Facebook ver­skyn.

Wat Ma­ria nooit ge­weet het nie, is dat hier­die woor­de van haar ja­re ge­le­de nie net kom­men­taar vir my was nie, dit was aan­moe­di­ging. En dit was die be­gin van ja­re se pla­sings van ge­dig­te en Ma­ria se kom­men­taar daar­op wat die ink in my pen aan­ge­vuur het.

Ek het nie baie van Ma­ria ge­weet nie. Jy weet mos maar net wat ie­mand be­reid is om op Facebook te deel. Ek het ge­weet Ma­ria is lief vir mooi woor­de en ek het ge­weet sy het haar kin­ders lief. Ek het ook ge­weet dat haar kin­ders hul ma op ’n troon ge­plaas het.

Facebook skep die il­lu­sie dat ’n mens baie vrien­de het, maar die dag as jy in geld­moei­lik­heid kom, gaan die mees­te nie ’n hel­pen­de hand uit­hou nie. En tog kan jou in­ter­net­fa­mi­lie ’n groep men­se word wat jy in jou hart saam­dra.

Soos Ma­ria. Ma­ria het ek ses jaar ge­le­de som­mer as my Facebook-ma aan­ge­neem. Toe my woor­de nog vol spel­fou­te was, het Ma­ria die ge­voel daar­in raak­ge­lees en nie vas­ge­haak by let­ters wat ver­keerd vas­trap­plek ge­kry het nie.

Nie te lank te­rug nie, val my oog op ’n Facebook-in­skry­wing van Ma­ria waar­in sy aan­kon­dig dat sy baie siek is. Oor maan­de sien ek hoe haar ge­sond­heid ag­ter­uit­gaan. Haar kom­men­taar op my in­skry­wings het stil ge­raak. Ek het haar kin­ders be­moe­dig, saam met hul­le ge­treur toe sy in die hos­pi­taal op­ge­neem is, saam be­leef hoe een van haar kin­ders te­ver­geefs ’n nier vir hul ma ge­skenk het. Van­dag be­taal ek Ma­ria se lief­de te­rug. “Mi­chel­le, jy lyk prag­tig, jy is die mooi­ste bruid,” het ek by haar dog­ter se fo­to ge­skryf toe sy on­langs ge­troud is.

Het Ma­ria se goed­heid aan my my woor­de aan haar kind vo­ren­toe ge­dra?

“Ek ver­lang el­ke mid­dag na Mam­ma se W­hat­sApp om my te vra hoe my dag was en om te hoor hoe baie jy my lief­het. Mis jou, Mams,” lui ’n on­lang­se in­skry­wing van haar dog­ter.

En hier sit ek en ver­lang na ’n vrou wat nie meer kom­men­taar op my skry­wes le­wer nie, maar wat ek steeds hoor. Ek mis ie­mand wat ek nooit ont­moet het nie, maar wat sag­gies in my hart ge­kruip het.

Sag­gies soos ’n skoen­lap­per.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.