Muis­hond­sta­tus wink weer vir SA dank­sy Zu­ma

Beeld - - Kommentaar -

Die Zu­ma-re­ge­ring se kwas­te­ri­ge ver­hou­ding met die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof (ISH) in Den Haag ver­tel baie oor pres. Ja­cob Zu­ma en die ANC se hou­ding jeens die de­mo­kra­sie.

Dis mak­lik om te sê jy is ’n de­mo­kraat, maar dit is iets heel­te­mal an­ders om dit deur jou woor­de en ver­al da­de te wys.

Een van die sen­tra­le ken­mer­ke van die de­mo­kra­sie is die ver­de­ling van mag. Op for­me­le vlak kom dit tot ui­ting in die be­staan van drie af­son­der­li­ke mag­sen­trums: die wet­ge­wen­de, uit­voe­ren­de en reg­ter­li­ke mag.

Al drie dié for­me­le sen­trums – plus an­der in die sa­me­le­wing – is on­der­he­wig aan die reg in die breë en aan die Grond­wet in die be­son­der. Dit be­te­ken dat selfs die pre­si­dent nie kan maak en breek soos hy wil nie.

Dít is iets waar­aan Zu­ma in die prak­tyk baie lang­tand byt. Hy is, op die sag­ste ge­sê, glad nie te­vre­de met die on­guns­ti­ge uit­spra­ke van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof nie, en dus ske­mer sy be­geer­te ge­reeld deur om die toet­sings­mag van die land se ho­we te be­perk.

Hy hou ook net mooi niks van die skerp py­le van kri­tiek wat die vrye me­dia na hom mik nie, en ’n mens hoor dees­dae weer on­heil­spel­len­de ge­lui­de uit sy rig­ting dat die me­dia deur ’n tri­bu­naal aan ban­de ge­lê moet word. Ge­meet hier­aan is Zu­ma ver van ’n de­mo­kraat. Sy on­wil­lig­heid om sy ge­sag on­der­he­wig aan die toe­sig van die reg­staat te stel, skaad boon­op SuidA­fri­ka se in­ter­na­si­o­na­le po­si­sie en re­pu­ta­sie.

Die ver­doe­men­de uit­spraak van die ISH ver­le­de week be­ves­tig dit.

Toe ’n Suid-A­fri­kaan­se hoog­ge­regs­hof die re­ge­ring in 2015 be­veel het om pres. O­mar al-Ba­sjir van die Soe­dan – wat toe op be­soek hier was – weens be­weer­de oor­logs­mis­da­de in heg­te­nis te neem, het Zu­ma-hul­le hom be­tyds ge­waar­sku en laat ont­vlug.

Nou het die ISH for­meel be­paal dat Suid-A­fri­ka nie aan sy in­ter­na­si­o­na­le ver­plig­tin­ge vol­doen het nie.

Geen land is in die hui­di­ge wê­reld ’n ei­land nie – die in­ter­na­si­o­na­le ver­weefd­heid is baie ver ge­vor­der. Wat be­te­ken dat op­tre­de soos dié van Zu­ma Suid-A­fri­ka sta­dig maar se­ker weer in die hoek van die wê­reld se muis­hon­de druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.