Soek drin­gend hulp as jy so voel

Beeld - - Kommentaar - C­harl Hey­mans, Na­boom­spruit

Ek ver­wys na El­sa­bé Brits se ope brief aan An­ne­lie Bo­tes (08.07).

Ek was as diens­plig­ti­ge by 44 Val­skerm­bri­ga­de in ’n sker­mut­se­ling be­trok­ke. Die mor­tie­re het op ons ge­re­ën en ek het ’n mak­ker se gil ge­hoor toe ’n stuk skrap­nel hom tref. Hy het kort daar­na ge­sterf. So­wat tien tree ag­ter my het ’n mor­tier ge­val wat nie ont­plof het nie. As hy het, sou ek aan flar­de ge­ruk ge­wees het. Was ek bang? Ja, er­ger kon jy nie kry nie – of so het ek ge­dink. Tot­dat ek 15 jaar la­ter in my bed met ’n angs­aan­val wak­ker word.

Met nog aan­val­le en die de­pres­sie wat ge­volg het, het self­moord nie meer so ab­surd ge­lyk nie. Ge­sins­moord was ook nie so ’n dood­son­de nie, want ek het ge­re­de­neer jy help die men­se vir wie jy lief­het uit hier­die wre­de en aak­li­ge wê­reld, waar­in ek nie hoop of ’n toe­koms kon sien nie.

As ie­mand so voel, het ek goeie raad: Soek drin­gend hulp voor­dat jou siek­te jou so erg aan­ge­tas het dat die or­gaan waar­mee jy hulp moet soek, nie meer or­dent­lik funk­si­o­neer nie.

Kry ie­mand met ’n me­die­se ag­ter­grond, want hy móét vir jou me­di­ka­sie kan gee. Hy gaan ook vir jou raad gee soos: Kry ge­noeg goei­e­ge­hal­te­slaap, oe­fen, wees ver­sig­tig met ka­fe­ïen en alkohol, ver­my dwelms tot el­ke prys. Hy kan dalk ook vir jou sê dat jy nooit weer son­der me­di­ka­sie moet pro­beer le­we nie.

Soos wat jy her­stel, sal jy weer die vo­ël­tjies in jou tuin raak­sien. La­ter sal jy ver­vul word met ’n die­pe dank­baar­heid dat die He­re vir die mens­dom me­di­ci en me­di­sy­ne ge­gee het om hier­die siek­te te oor­kom.

Jy sien, daar is le­we ná die mees­te psi­gi­a­trie­se on­ge­steld­he­de. Vra maar vir men­se soos Koos Kom­buis, Mi­lan Mur­ray en I­sak de Vil­liers. Daar is mil­joe­ne an­der wat dit kan be­aam.

O ja, am­per ver­geet ek: Dit is baie be­lang­rik dat jy men­se soos An­ne­lie Bo­tes uit jou le­we ban soos ’n me­laat­se van ouds.

’n Wy­se man het een­keer ge­sê: “He who knows not, and knows not that he knows not, is dan­ge­rous. De­stroy him.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.