ANC leer g’n uit sy fou­te nie

Beeld - - Kommentaar - I­zak Bergh, Mar­chand

Die nu­we self­aan­ge­stel­de ANC-vuur­vre­ter Fi­ki­le M­ba­lu­la draai nie doe­kies om as hy dreig nie. Hy sê: “ANC-le­de wat die mo­sie van wan­troue in pres. Zu­ma steun, sny hul eie keel af.”

Die be­houd van die par­ty se mags­po­si­sie is blyk­baar le­wens­nood­saak­lik vir die land se voor­uit­gang en dit moet tot el­ke prys ge­beur.

’n Op­spraak­wek­ken­de stuk­kie in­lig­ting wat hy met ons deel, is dat die ANC ’n par­ty is wat uit sy fou­te leer. Hy sê nie of hul­le nou met die leer- pro­ses be­gin het en of dit al lank in die ge­heim aan die gang is nie.

Om uit hul fou­te te leer en dan niks te doen om dit reg te stel nie, is fu­tiel. Dit is juis waar­voor hul­le be­rug is – praat­jies wat niks be­te­ken nie.

“Words are che­ap, a di­me a do­zen,” sê die A­me­ri­ka­ners.

Dit is da­de wat tel maar nie wan­da­de soos be­drog en kor­rup­sie nie.

Nou moet hy net die ge­mak­sug­ti­ge, werk­sku ANC-le­de dreig om hul­le aan die werk te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.