Dié sa­ke moet by hof uit­kom

Beeld - - Kommentaar -

Die groot­skeep­se kor­rup­sie, staat­skaping en dief­stal van staats­geld is ’n hel­se kri­sis, ja, maar die ge­brek aan on­der­soe­ke en op­tre­de teen die ple­gers daar­van is erns­ti­ger.

Ons voel al­mal ef­fe ge­rus as ons sien dat ons reg­bank steeds on­af­hank­lik is en goed funk­si­o­neer, maar ons moet be­gin be­kom­merd raak dat geen of bit­ter min van die ge­val­le van staat­skaping en dief­stal op groot skaal ooit na die ho­we ge­neem word.

Hier­die nu­we kul­tuur van straf­fe­loos­heid en on­aan­tas­baar­heid is be­sig om ons de­mo­kra­sie te on­der­myn en die ge­loof­waar­dig­heid van die staat te skaad. Die bur­ge­ry word al hoe meer af­ge­stomp; kor­rup­sie word nou ’n oor­tre­ding soos ’n spoed­boe­te.

Die ver­rot­ting het nou na ou­di­teurs­fir­mas soos KPMG en fi­nan­si­ë­le kon­sul­tant­groe­pe soos M­cKin­sey en T­ril­li­an Ca­pi­tal Part­ners uit­ge­brei na­dat hul­le by die Gup­ta-ge­mors be­trok­ke ge­raak het. Suid-A­fri­ka word ’n ram­pok­ker­staat en ons, die ge­wo­ne bur­gers, sit mag­te­loos en toe­kyk.

Ja­cob Zu­ma se vriend S­cha­bir S­haik en die se­ni­or ANC-lei­er To­ny Yen­ge­ni is ja­re ge­le­de tronk toe ge­stuur weens kor­rup­sie waar­by k­lein be­drae geld be­trok­ke was. Nou kan po­li­ti­ci, amp­te­na­re en sa­ke­lui met ANC-ban­de mil­jar­de ver­duis­ter of som­mer net in hul sak­ke druk en g’n haan kraai daar­na nie.

Kom ons vat t­wee een­vou­di­ge sa­ke: Die R600 mil­joen (en die pos van mi­nis­ter van fi­nan­sies) wat die Gup­tas vir M­ce­bi­si Jo­nas aan­ge­bied het as hy hul­le vuil­werk doen, en die R30 mil­joen staats­geld wat vir ’n melk­plaas in die Vry­staat be­doel was, maar toe vir ’n weel­de­ri­ge Gup­ta-troue ge­bruik is.

Dit is erns­ti­ge en bla­tan­te mis­dry­we, maar daar het ve­re van ge­kom. Ek kan 50, 60 an­der voor­beel­de van die­self­de straf­fe­loos­heid hier ge­bruik.

’n Do­syn of wat straf­reg­te­li­ke aan­klag­te ra­ken­de kor­rup­sie en staat­skaping is deur op­po­si­sie­par­tye en bur­ger­li­ke ak­ti­vis­te­groe­pe by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak, maar nie een van ons glo reg­tig dat werk­li­ke on­der­soe­ke in­ge­stel gaan word nie.

Die po­li­tie­ke ko­öp­te­ring van die po­li­sie het al in T­ha­bo M­be­ki se be­winds­tyd be­gin – ont­hou jy die ont­man­ning van die S­ker­pi­oe­ne en die ge­suk­kel om die po­li­sie­kom­mis­sa­ris aan te kla? – maar is on­der Zu­ma tot die ui­ter­ste ge­voer.

Die S­ker­pi­oe­ne se mak­ker op­vol­ger, die Val­ke, is ’n tan­de­lo­se skoot­hond­jie van die Zu­ma-bin­ne­kring. Hul­le het drie jaar ge­le­de nog ge­lyk of hul­le wil skóón­maak, maar toe is genl. An­wa Dra­mat uit­ge­werk na­dat hy aan­ge­dui het dat sy een­heid re­ge­rings- en ANC­lei­ers en hul sa­ke­vrien­de gaan on­der­soek. Die­self­de het by die in­kom­ste­diens ge­beur en al­le on­der­soe­ke na die be­las­ting­sa­ke van hoë skelms met po­li­tie­ke ban­de is ge­staak.

Die nu­we di­rek­teur-ge­ne­raal van staats­vei­lig­heid, Art­hur Fra­ser, word van ten­der­be­drog, die ver­val­sing van ’n be­las­ting­ser­ti­fi­kaat en die ver­duis­te­ring van ge­hei­me geld ver­dink, maar hy sit ewe ge­mak­lik in sy mag­ti­ge stoel. (Hy is ook glo die man wat die ge­hei­me “Zu­ma-ban­de” on­reg­ma­tig aan Zu­ma se pro­ku­reurs laat uit­lek het.)

As die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) maar po­li­tie­ke ko­öp­te­ring vry­ge­spring het, sou die straf­reg­stel­sel ook nog le­we ge­had het. Die NVG se ba­te­be­slag­leg­gings­een­heid kon al lank­al op van die Gup­tas se ei­en­dom be­slag ge­lê het in af­wag­ting van ’n straf­reg­te­li­ke on­der­soek. (Die een­heid se mot­to is “ta­king the pro­fit out of c­ri­me” . . .)

Wat kan hier­aan ge­doen word? Die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en die op­po­si­sie­par­tye moet aan­gaan met hul a­gi­te­ring en ge­bruik van die ho­we, maar dit sal baie help as die ANC se par­le­men­tê­re kou­kus doen wat hul­le deur die por­te­feul­je­ko­mi­tees met die SAUK en E­s­kom ge­doen het.

Dié spot­prent het op 11 Mei in Die Bur­ger, sus­ter­koe­rant van Beeld, ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.