Son­der dié LP sal par­le­ment ar­mer wees

Beeld - - Middelblad -

Met min­der as ’n maand oor voor­dat LP’s in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) in ’n wan­trou­e­mo­sie in pres. Ja­cob Zu­ma stem, dreig die ANC om teen een van sy mees uit­ge­spro­ke (en be­gin­sel­vas­te) LP’s, dr. Mak­ho­si K­ho­za, op te tree.

Die ANC het pas uit­ge­vaar teen haar “ui­ter­se on­ge­dis­si­pli­neerd­heid” ná haar “pu­bli­si­teits­veld­tog” waar­in sy ver­klaar het dat sy nie die ANC se be­leid gaan volg in die stem­me­ry oor die mo­sie nie. Die ANC skaar hom by Zu­ma en steun nie die mo­sie van die op­po­si­sie nie.

In­ge­vol­ge die kies­stel­sel stem Suid-A­fri­ka­ners vir po­li­tie­ke par­tye, nie in­di­vi­du­e­le LP’s nie. ANC-LP’s ver­teen­woor­dig dus die par­ty in die NV en vol­gens die par­ty moet hul­le daar­om par­ty­be­slui­te uit­voer.

K­ho­za voel dui­de­lik an­ders hier­oor en het son­der die me­de­we­te van Jack­son Mt­hem­bu, die ANC-hoof­sweep, aan Ba­le­ka M­be­te, spea­ker, ge­skryf om te vra dat die stem­me­ry in die ge­heim plaas­vind. M­be­te be­sluit tans daar­oor. Die DA het plan­ne om so­veel moont­lik ANC-LP’s te be­ar­bei om saam met hom in die mo­sie te stem. Dit ge­beur eg­ter sel­de dat ANC-LP’s in stem­pro­se­du­res in die NV “uit die spoor trap”.

T­wee ANC-LP’s – Ben Tu­rok en Glo­ria Bor­man – het dit wel in 2011 ge­doen toe hul­le, teen die ANC se be­leid, bui­te stem­ming ge­bly het toe die NV oor die om­stre­de in­lig­tings­wet ge­stem het.

ANC-LP’s wat meen Zu­ma moet be­dank, sal eer­der ’n ANC-ge­lei­de pro­ses hier­oor steun as een wat die op­po­si­sie aan­voor.

Dit sal in­te­res­sant wees om op 8 Au­gus­tus te sien wat­ter LP’s in die NV bly sit met die stem­me­ry en wie se sit­plek­ke leeg is. Tu­rok het in 2011 uit­ge­loop toe hy nie vir die in­lig­tings­wet wou stem nie.

K­ho­za het na be­rig word ge­sê sy het in die o­pen­baar uit­ge­praat om­dat sy vir haar en haar kin­ders se le­we vrees ná drei­ge­men­te. Ver­soe­ke dat die vei­lig­heids­maat­re­ëls om haar ver­skerp word, het glo op do­we ore ge­val.

Sy het ook ge­sê die ANC kan haar in die pad steek, maar sy sal nie as LP be­dank nie.

K­ho­za het vriend en vy­and ver­le- de jaar be­ïn­druk deur haar hard­wer­kend­heid en doel­tref­fend­heid toe sy die voor­sit­ter was van die par­le­men­tê­re ad hoc-ko­mi­tee wat ’n nu­we o­pen­ba­re be­sker­mer moes kies.

Dié ko­mi­tee het be­dags om 08:00 be­gin werk en was soms eers ná mid­der­nag klaar. La­ter, as ’n lid van die par­le­men­tê­re ad hoc-ko­mi­tee wat die SAUK-raad on­der­soek het, het K­ho­za haar weer be­wys.

Dit sal jam­mer wees as die ANC in dié om­stan­dig­he­de van só ’n hard­wer­ken­de en be­gin­sel­vas­te lid van die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies ont­slae raak. Die par­le­ment sal be­slis ar­mer wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.