Goeie Nuus Pas op vir sin­lo­se tra­di­sies

Beeld - - Middelblad -

Een per­soon se prak­tie­se re­ë­ling word dik­wels ’n vol­gen­de een se gods­diens­ti­ge tra­di­sie.

Kyk na die ge­bruik dat mans in die kerk staan ge­du­ren­de ge­be­de en vroue sit. In die Mid­del­eeue was dit ge­bruik­lik vir al­mal om te staan ge­du­ren­de kerk­li­ke ge­be­de. Toe het ’n vrou vol­gens oor­le­we­ring so met die op­staan­slag haar voet­sto­fie om­ge­stamp wat be­doel was om haar voe­te warm te hou. Die ge­volg: Die kerk het af­ge­brand. Toe is ’n prak­tie­se re­ë­ling ge­tref dat vroue ge­du­ren­de ge­be­de bly sit. Dit keer dat ker­ke af­brand, of so iets. Vir die vol­gen­de ge­slag het dit ’n gods­diens­ti­ge tra­di­sie ge­word.

Net so met daar­die ge­bruik om han­de vas te hou voor e­tes. Dit was aan­vank­lik ’n ge­bruik in kin­der­hui­se om te keer dat kin­ders on­der ge­bed van die kos vat. Dees­dae is dit by­kans ’n ver­plig­te tra­di­sie.

Wel, tra­di­sies is goed, as dit nie tot gods­diens­ti­ge wet­te ver­hef word of maak dat ons men­se af­skryf wat dit nie na­volg nie.

Dan ver­geet ons dat Je­sus ons vry­ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.