Po­li­sie­man sterf 2 dae ná as­se­gaai­aanval

Beeld - - Middelblad - A­let Jou­bert

So­wat 2 500 men­se het die na­week in Ne­w­cas­t­le af­skeid ge­neem van ’n po­li­sie­man wat t­wee dae ná ’n as­se­gaai-aanval dood is.

Ao. Sasha Nai­doo (44), ’n skof­be­vel­voer­der van die hon­de-een­heid, is Dins­dag 27 Ju­nie met die as­se­gaai ge­steek toe hy en ’n kol­le­ga op ’n klag­te in Ma­da­de­ni ge­re­a­geer het. Hy is la­ter in die hos­pi­taal dood.

“Hy was dap­per, met ’n hart van goud,” sê ao. Da­niel T­re­ner­ry, wat aan Nai­doo se sy was toe hy sterf.

Hul­le het nog die og­gend van die aanval saam ’n hon­de-ver- to­ning by ’n la­er­skool ge­hou.

Daar­na het hul­le op ver­skil­len­de klag­tes ge­re­a­geer.

Nai­doo het speur­ders in Ma­da­de­ni by­ge­staan om ’n man op te spoor wat blyk­baar sy skoon­ma met ’n spies ge­steek het.

“Toe hoor ons hy is met ’n as­se­gaai in die lin­ker­lies ge­steek,” sê T­re­ner­ry.

“Nai­doo is in die Ma­da­de­ni­hos­pi­taal be­han­del waar hy teg­nies vir t­wee mi­nu­te dood was voor­dat hul­le hom by­ge­bring het.”

T­ren­ne­ry sê paaie is af­ge­sper en die am­bu­lans­diens het bin­ne se­we mi­nu­te Nai­doo oor die so­wat 15 km na ’n pri­va­te hos- pi­taal in Ne­w­cas­t­le ver­voer.

“Hy het baie bloed ver­loor en hul­le het hom 19 een­he­de bloed ge­gee.

“Maar op die ou end was dit al­les net te veel vir sy lig­gaam,” sê T­re­ner­ry.

“Dit is baie erg vir sy vrou en ge­sin. Hy was pa van vier kin­ders en ou­pa van vier.”

T­re­ner­ry sê hy het Nai­doo 21 jaar lank ge­ken en se­dert 2010 saam met hom by die hon­deeen­heid ge­werk.

Kol­le­gas het hom by die rou­diens in die Gra­ce Com­mu­ni­ty C­hurch be­stem­pel as uit­son­der­lik toe­ge­wy­de po­li­sie­man.

“Daar was ou­ens uit el­ke pro­vin­sie by die be­graf­nis,” sê nog ’n kol­le­ga, ao. Wer­ner K­leins­mith.

“Al ons hon­de­man­ne ken me­kaar.”

Hy sê Nai­doo het nooit neer­ge­sien op an­der nie “en selfs mis­da­di­gers met re­spek be­han­del. Hy het men­se ge­help waar hy kon.”

Nai­doo was vol­gens T­re­ner­ry en Wer­ner ge­se­ënd met ’n sin vir hu­mor.

“Hy het sy werk baie erns­tig op­ge­neem, maar was ook ’n baie spon­ta­ne mens. As jy in sy ge­sel­skap was, het jy al­tyd ná die tyd be­ter ge­voel,” sê K­leins­mith.

Vol­gens hom het Nai­doo ’n be­son­der­se lief­de vir A­fri­kaan­se mu­siek ge­had.

Nai­doo se hond, Win­ter, is in­tus­sen aan ’n nu­we han­teer­der oor­ge­dra.

Sy aan­val­ler is in heg­te­nis ge­neem.

Ao. Da­niel T­re­ner­ry en ao. Sasha Nai­doo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.