Vin­ni­ge bus­diens is toe ’n ‘duur fla­ter’

Beeld - - Middelblad - Ü­gen Vos

Fo­to’s: SIMON SONNEKUS Die re­ge­ring se be­leg­ging van R15 mil­jard in Gau­teng se snel­bus­diens (BRT) be­gin nou al hoe meer soos ’n duur fla­ter lyk.

Joe Mas­wan­ga­nyi‚ mi­nis­ter van ver­voer, het gis­ter in P­re­to­ria op ’n kon­fe­ren­sie oor ver­voer in Sui­der-A­fri­ka ge­sê die re­ge­ring haal nie die tei­kens wat vir die diens ge­stel is nie en min­der pen­de­laars as wat ver­wag is, ge­bruik die diens.

“Die de­par­te­ment van ver­voer er­ken daar is uit­da­gings met die snel­bus­diens. Ons sal die diens moet her­sien en ’n op­los­sing vind.”

Vol­gens Mas­wan­ga­nyi is die bus­se goed ver­sorg en o­pe­ra­si­o­neel, maar die mees­te pen­de­laars ge­bruik steeds mi­ni­bus­taxi’s en tra­di­si­o­ne­le bus­diens­te.

Die de­par­te­ment oor­weeg dit om die BRT-stel­sel af te skaal en die be­dryfs­kos­te el­ders te be­stee.

Ish­ma­el M­ni­si, die mi­nis­ter se woord­voer­der, het gis­ter ge­sê Mas­wan­ga­nyi het op ’n op­mer­king van Is­mail Va­di, Gau­teng­se LUR vir ver­voer, ge­re­a­geer.

Vol­gens Va­di ge­bruik so­wat 75 000 men­se daag­liks die BRT-snel­bus­se wat in drie me­tro’s in die pro­vin­sie in­ge­stel is.

Va­di het ge­sê daar moet be­sin word oor die waar­de van die BRT-stel­sel en of die re­ge­ring nie eer­der na ’n meer kos­te­doel­tref­fen­de en le­wens­vat­ba­re stel­sel moet kyk nie.

El­ke BRT-sta­sie kos tus­sen R50 mil­joen en R70 mil­joen om te bou.

Mas­wan­ga­nyi het ge­sê na­vor­sing wat in 2013 ge­doen is, toon dat 68% van die pen­de­laars mi­ni­bus­taxi’s ge­bruik.

M­ni­si sê: “Die re­ge­ring is be­kom­merd om­dat die aan­tal pen­de­laars wat voor­sien was, nie die BRT­bus­se ge­bruik nie. Dit be­te­ken eg­ter nie dat die stel­sel ’n mis­luk­king is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.