Brand ver­sprei vin­nig deur toe­ris­te at­trak­sie

Beeld - - Wêreld­-Beeld -

Meer as 70 brand­be­stry­ders en tien brand­weer­wa­ens het ’n brand ge­blus wat oor­nag by die Cam­den-mark – een van Lon­den se groot­ste toe­ris­te at­trak­sies– uit­ge­breek het.

Die Cam­den-mark be­staan uit so­wat 1 000 win­kels, stal­le­tjies, kroeë en ka­fees.

Jo­an Ri­bes (24), ’n oog­ge­tuie, het gis­ter ge­sê: “Ons het die po­li­sie ge­bel om die straat vir ver­keer te sluit om­dat dit baie ge­vaar­lik was.

“Vlam­me het na om­lig­gen­de ge­bie­de ge­spring. Die brand het baie vin­nig ver­sprei. Men­se het ge­staan en kyk, maar ons was bang die ge­bou kan e­ni­ge tyd ont­plof om­dat daar re­stau­ran­te met kom­bui­se in die om­ge­wing is.”

Die oor­saak van die brand is nog on­be­kend.

“Red­dings­wer­kers het hard ge­werk om die brand in be­dwang te bring en te keer dat dit na om­lig­gen­de ge­boue ver­sprei,” het Da­vid Reid, sta­sie­be­vel­voer­der, gis­ter ge­sê.

S­ka­de is in 2008 ook aan die Cam­den-mark aan­ge­rig toe ’n brand in ’n berg­plek uit­ge­breek het.

Die Cam­den­mark in lig­te laaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.