Seks­da­de: Kar­di­naal vlieg ver vir sy ver­hoor

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Reu­ters

Kar­di­naal Ge­or­ge Pell (76), ’n to­pad­vi­seur van pous Fran­cis­kus wat van ver­skeie seks­mis­da­de in Aus­tra­lië aan­ge­kla is, het gis­ter in Syd­ney aan­ge­kom. Pell, wat in Aus­tra­lië ge­bo­re is, ver­skyn op 18 Ju­lie in die hof in Mel­bour­ne. Ni­ne En­ter­tai­n­ment, ’n me­di­a­maat­skap­py in Aus­tra­lië, het ’n vi­deo ge­wys van waar die po­li­sie Pell van die lug­ha­we in Syd­ney weg­neem. Vol­gens die po­li­sie word Pell aan­ge­kla van sek­su­e­le oor­tre­dings in die 1970’s toe hy ’n pries­ter in Vic­to­ria was. Pell is die Va­ti­kaan se de fac­to­mi­nis­ter van fi­nan­sies en die hoogs ge­plaas­te amp­te­naar in die Va­ti­kaan wat nog van sek­su­e­le oor­tre­dings aan­ge­kla is. Die aarts­bis­dom in Syd­ney sê Pell se te­rug­keer is nie ’n ver­ras­sing nie, want hy het reeds vroe­ër aan­ge­dui dat hy sal te­rug­keer om sy on­skuld te kom be­wys en sy “naam in ere te her­stel”.

Ge­or­ge Pell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.