May pak van­dag bul by die ho­rings

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Reu­ters

T­he­re­sa May wil van­dag sterk her­vor­min-gstap­pe aan­kon­dig om haar wan­ke­len­de lei­er­skap te pro­beer red ná ’n on­stui­mi­ge eer­ste jaar as B­rit­se eer­ste mi­nis­ter.

Haar aan­sien het ’n aan­sien­li­ke knou ge­kry toe haar be­sluit om ’n vroeë ver­kie­sing in Ju­nie uit te roep, in haar ge­sig ont­plof het.

May wil die B­rit­te van­dag her­in­ner aan haar be­lof­te om ’n reg­ver­di­ger ge­meen­skap te bou.

Sy sal kie­sers en po­li­tie­ke teen­stan­ders aan­moe­dig om die “on­reg­ver­dig­he­de en ge­ves­tig­de be­lan­ge wat dreig om ons te­rug te hou, aan te pak”, lui­dens ’n ver­kla­ring wat voor­af uit­ge­reik is.

“My ver­bin­te­nis tot ver­an­de­ring in B­rit­tan­je is on­wan­kel­baar,” sê sy.

May se ver­moë om as eer­ste mi­nis­ter voort te gaan en B­rex­it-wet­ge­wing met ’n k­lein meer­der­heid ag­ter haar deur die par­le­ment ge­voer te kry, word se­dert die ver­kie­sing sterk be­vraag­te­ken.

Maar haar po­si­sie lyk vir die oom­blik se­ker.

Kol­le­gas ver­kies dat sy die B­rex­it-ge­sprek­ke be­gin eer­der as om haar uit te skuif en daar­mee die ri­si­ko te loop dat die re­ge­ring in­plof – ’n sce­na­rio wat die mag na die Ar­bei­ders­par­ty, wat uit die as her­rys, kan oor­dra.

Die eer­ste fa­se van die B­rex­it­pro­ses is om ’n kern­deel van die wet­ge­wing, wat wet­ge­wing van die Eu­ro­pe­se U­nie na B­rit­se wet­ge­wing om­ska­kel, aan die par­le­ment voor te lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.